Life is either a daring adventure or nothing.

Thursday, June 9, 2011

Bianca ballerina

Bianca ontpop in 'n ballerina!  Bianca het begin om Melody Bear te doen - dit is basies 'n dansklassie vir dogters 2-6 jaar - so saam met hul mammas.  Om te sĂȘ Bianca is in haar element wanneer sy dans, is om dit sag te stel!  Sy - absoluut - is mal daaroor!!!

Die eerste keer wat ons gegaan het, was sy maar skugter maar o nee, vanaf die tweede keer is sy so gelukkig en geniet dit vreeslik.  Sy hardloop sommer om eerste in die ry te staan as daar musiek instrumente en so aan, uitgedeel word!

Hier is 'n paar fotos om te wys hoe sy dit geniet - party is bietjie geblur want kyk, mamma moet haar storie ken met die kamera want madame staan nie een oomblik stil nie!!!

My ou Pops, my ou ballerina'tjie!

Hier doen ons strek oefeninge voor ons begin dans!


Tyd vir musiek instrumente!
 



Sing liedjies met aksies by!

Een van Bianca se gunstelinge - bubbles!!!