Ons het vandag (7 April) 'n Indigenous Day gehad waar ons 'n biejtie meer geleer het oor die Aboriginal mense van Australia maar meer oor die Wiradjuri Tribe wat hul oorsprong hier in Wagga Wagga omgewing gehad het. (http://en.wikipedia.org/wiki/Wiradjuri)
Die Wiradjuri Vlag
Ek het dit vreeslik interessant gevind, alhoewel dit vir die kinders 'n bietjie vervelig was - hulle was ten minste daar om te speel nie om na stories en dinge te luister nie!!!
Daar het 'n ou vir ons die didgeridoo kom speel en ook so bietjie meer vertel van die instrument. Vir die wat belangstel kan julle gerus bietjie gaan nalees oor die didgeridoo (http://aboriginalart.com.au/didgeridoo/what_is.html en http://aboriginalart.com.au/didgeridoo/what_is.html)
Faye, 'n tribe elder het ook kom inloer en vir ons 'n storie gelees.
"The Wiradjuri people believed their souls lived in the trees, rocks and waterholes after they died, waiting to be reborn in a new child. This accounts for them always believing they were at one with the land, which owned them as much as they owned it. They were taught, from the Dreamtime, that they were only caretakers of the land they called their tribal territory."
Die Wiradjuri mense is blykbaar baie bekend vir hulle storie vertellings.
Ons het ook traditionele brood geeët wat in die grond met kole gebak word - baie soos ons potbrood sal maak - en ek moet sê dit proe ook baie dieselfde, miskien net so bietjie "suurder". Hulle noem dit Damper brood - (http://en.wikipedia.org/wiki/Damper_(food) Maar dit is baie lekker saam met heuning. Ruan het sy stukkie so geniet, dat hy skoon sy bord geneem het en eenkant onder 'n tafel gaan sit en eet het!
Daar was ook 'n voorbeeld van 'n boomerang. Die ou wat die didgeridoo gespeel het, het ook gebruik gemaak van 'n boomerang om ritme te hou. Blykbaar kry jy sekere instrumente om met ritme hou te help maar dit is baie "custom" om sommer jou wapen -aka boomerang - te gebruik! Die didgeridoos en boomerangs word dan ook verfraai met verf en tekeninge. Elkeen vertel sy eie storie - elke didgeridoo verskil - daar is nie een wat dieselfde is nie, so ook hul tekeninge. Gewoonlik word die stories uitgebeeld oor hoe hulle die didgeridoo gekry het of net van 'n tribal meeting of campsite.
Die boomerang was dan ook aanvanklik gebruik as 'n jag wapen - om meer daarvan te lees gaan kyk na, http://www.questacon.edu.au/indepth/clever/aboriginal_technology.html.
Die kinders het die verf baie geniet. Faye se man, is 'n baie talentvolle kunstenaar en het die kinders bietjie gehelp met die verf. Wit verf is blykbaar die mees gesogste verf onder die Wiradjuri mense want dit word gesien as "heilig en skoon". Dan word geel en oranje verf baie gebruik as die kleure vir die aarde.
Die nuus-span en joernalis van plaaslike koerant was daar - so die Glenfield Gigglers gaan die nuus haal. Dink nie Ruan en Bianca gaan op tv wees nie want die twee karnallies wou nie eers gaan staan het by die didgeridoo speler vir 'n foto nie. Ai ai... Maar dit was nogsteeds 'n lekker en interessante oggend.