Een middag speel die kinders heerlik buite en ons maak gebruik van hierdie breuk om bietjie tv te kyk. Naderhand kom Ruan in en sê hy is nou moeg gespeel. Nee, antwoord hy my vraag waar Bianca dan is...sy speel nog buite. Na nog so paar minute reken ek die madampie is darem nou stil en dalk is dit ook nou tyd vir haar om bietjie in te kom. So kry ek haar buite....
Vas aan die slaap op die stoeptrap!
Tuesday, October 30, 2012
Ruan Karate Grading
Baie geluk Ruan met jou splinternuwe geel belt. Jy het baie hard gewerk en getrou jou karate bygewoon - en dit het beloon!
Ruan geniet sy karate nog baie en kan vandag spog met sy geel belt - hy tel die dae af tot wanneer hy 'n nuwe belt gaan kry! Volgende is oranje met wit streep.
Seremonie begin waar hulle hul huidige belt afhaal, opvou en dan agter die belf gaan sit op die grond.
Dan stap jy bo-oor jou huidige belt om dan die belt agter jou te laat - alles baie simbolies.
Hier kry Ruan sy nuwe belt.
Al hierdie opgewondenheid maak 'n man honger - na die seremonie sit Ruan gou 'n broodjie en eet.
Bianca het ook 'n broodjie gesit en eet - maar wat vir my so oulik is van die foto is die kameelperd prentjie op haar hemp wat lyk asof hy 'n hap uit haar broodjie vat!

Kinders sit geduldig en wag vir seremonie om te begin |
Hier demonstreer hulle van hulle oefeninge - boude in die lug is Ruan! |
Seremonie begin waar hulle hul huidige belt afhaal, opvou en dan agter die belf gaan sit op die grond.
Dan stap jy bo-oor jou huidige belt om dan die belt agter jou te laat - alles baie simbolies.
Hier kry Ruan sy nuwe belt.
Al hierdie opgewondenheid maak 'n man honger - na die seremonie sit Ruan gou 'n broodjie en eet.
Bianca het ook 'n broodjie gesit en eet - maar wat vir my so oulik is van die foto is die kameelperd prentjie op haar hemp wat lyk asof hy 'n hap uit haar broodjie vat!
Bianca geniet die son, sand, en see
Sommer so met die intrap slag wil ek jammer sê dat ek so lanklaas die blog bietjie ge-update het! Sjoe, ek probeer aan 'n verskoning dink, maar hoe meer ek dink, hoe meer onaanvaarbaar klink die verskonings - so ek gaan sommer net sê jammer mensies maar hierdie mens was 'n bietjie platgetrek deur die virus genaamd - LUI!
So rukkie terug het ek en Bianca die huis ontglip en weggeslip strand toe. Daar het ek en sy heerlik gesmul aan wafel en roomys en toe 'n bietjie in die sand gespeel. Ons het ook bietjie strand af geloop op soek na skulpe waar Bianca heerlik met die klippe en sand gespeel het.

Subscribe to:
Posts (Atom)