Ons het vir die middag bietjie gaan rond dwaal langs die rivier - die Dumaresq Rivier (http://en.wikipedia.org/wiki/Dumaresq_River) - dis die rivier net buite Texas Qld wat die grens vorm tussen NSW en Queensland.
Die kinders het heerlik gespeel in die water en ons het die rustigheid van die omgewing baie geniet.
Hier stap Ruan oor na 'n middelman in die rivier.
Hier trek ek en Etienne mekaar oor die grens. Ek aan die NSW kant en hy aan Qld kant....wonder wie het gewen??
Bianca wys ons haar nat boude!! |