Life is either a daring adventure or nothing.

Thursday, August 11, 2011

Al voel 'n mens nog die koue in die lug is die eerste tekens van lente al sigbaar.....pragtige bloeisels aan die bome.


By Ruan se skool is pragtige bome oortrek van die mooiste bloeisels en vanoggend was dit so pragtig met die sonlig dat ek dit moes afneem, ongelukkig het ek nie my kamera by my gehad nie, en het toe sommer met my foon kamera dit afgeneem.

"Beautiful blossoms and a new beginning to everything, these
are a few things, which make the spring season special"



"The Earth Laughs in Flowers."
-  Ralph Waldo Emerson




""Flowers leave some of their fragrance in the hand that bestows them."
-  Chinese proverb

Monday, August 8, 2011

Goodbye Snow!

Ons het Saterdag (5 Augustus 2011) vir oulaas sneeu toe gegaan.... dink nie meer die sneeu gaan lank nog daar wees nie.  As jy vat met ons vorige uitstappie was die wêreld toe onder die sneeu en net wit so vêr soos jou oog kon sien!  Die naweek was daar net sulke "patches" sneeu en was die weer ook maar lekker misluk - erg gereën en koud - nie dat dit ons gestop het nie!!!


Bianca & Amelie


Ruan & Amelie

Ons is saam met ons vriende - die Davidsons - deur Snowey Mountains toe.  Maar baie skepties gewees oor die uitstappie aangesien die weer baie sleg was.  Maar daar aangekom, het ons maar die kinders opgedress in hul sneeu gear en bietjie laat speel - hulle was dan so opgewonde en ons het al daardie pad gery, kon mos nie net omdraai nie!


Kathy & Amelie

Etienne & Ruan

Kathy & Amelie

Myra
Nou ja, toe speel ons maar lekker in die sneeu en reën tot ons almal goed deurnat was! 

Kathy maak gereed vir 'n snow fight!

Amelie kry 'n lekker gooi in - Etienne as teiken!

KOES!!!

Ons het oppad terug by die Yorrangobilly grotte aangery met die doel om gou te gaan loer maar toe is ons so nat dat ons dit maar gelos het vir 'n volgende uitstappie, aangesien dit na 'n heerlike uitstappie lyk - ene met bietjie beter weersomstandighede!

Teurg gekom by die huis, net gou die kinders in 'n warm bad gegooi, toe het ons by die Davidsons gaan kuier en lekker braaivleisie geeët.  Dit was nou 'n lekker dag! 

Monday, August 1, 2011

Pizza Pizza...lekker Pizza!

Saterdagaand het ons Pizza gemaak!  Die kinders het dit baie geniet om self hulle eie "toppings" op te sit.






Na die pizza klaar gelaai is, het hulle soos apies voor die oond gaan sit en wag dat die pizza moet klaar bak. 





Die pizza het baie lekker uitgekom en die gesins aktiwiteit van pizza maak was groot pret!

Way to go, Bianca!!

Heeha!!!  Bianca het Saterdag (30 Julie 2011) haar fiets vir die eerste keer self gery sonder dat een van ons haar stoot....sommer net so! 



So, ons het haar fiets se "stuur stang" afgehaal en sy ry nou lekker rond. 



Baie trots op jou Poppelops!!


En Ruan spog met sy groter fiets - hy het sy ou fiets sommer in 'n japtrap ontgrooi en moes ons vir hom 'n groter fiets kry sodat hy nie sy kennebak met sy knieë oopstamp nie....hehehe....  Hy is baie in sy noppies met sy nuwe "big boy" fiets!



Bianca raak so "winty" dat sy sommer vir Ruan waarsku om te ....."watch out"!