Ons het Saterdag (5 Augustus 2011) vir oulaas sneeu toe gegaan.... dink nie meer die sneeu gaan lank nog daar wees nie. As jy vat met ons vorige uitstappie was die wêreld toe onder die sneeu en net wit so vêr soos jou oog kon sien! Die naweek was daar net sulke "patches" sneeu en was die weer ook maar lekker misluk - erg gereën en koud - nie dat dit ons gestop het nie!!!
|
Bianca & Amelie |
|
Ruan & Amelie |
Ons is saam met ons vriende - die Davidsons - deur Snowey Mountains toe. Maar baie skepties gewees oor die uitstappie aangesien die weer baie sleg was. Maar daar aangekom, het ons maar die kinders opgedress in hul sneeu gear en bietjie laat speel - hulle was dan so opgewonde en ons het al daardie pad gery, kon mos nie net omdraai nie!
|
Kathy & Amelie |
|
Etienne & Ruan |
|
Kathy & Amelie |
|
Myra |
Nou ja, toe speel ons maar lekker in die sneeu en reën tot ons almal goed deurnat was!
|
Kathy maak gereed vir 'n snow fight! |
|
Amelie kry 'n lekker gooi in - Etienne as teiken! |
|
KOES!!! |
Ons het oppad terug by die Yorrangobilly grotte aangery met die doel om gou te gaan loer maar toe is ons so nat dat ons dit maar gelos het vir 'n volgende uitstappie, aangesien dit na 'n heerlike uitstappie lyk - ene met bietjie beter weersomstandighede!
Teurg gekom by die huis, net gou die kinders in 'n warm bad gegooi, toe het ons by die Davidsons gaan kuier en lekker braaivleisie geeët. Dit was nou 'n lekker dag!
No comments:
Post a Comment