Life is either a daring adventure or nothing.

Monday, March 19, 2012

Full Moon

Met hierdie maand se vol maan het ons bietjie gaan kyk hoe mooi lyk die mooi vol maan skyn oor die see...in die flieks wys hulle mos altyd hierdie helder lig wat skyn oor die see as dit vol maan is, en ons wou dit ook beleef.

Kinders sommer al klaar hulle nagklere aan met hulle kombersies en ek en Etienne met 'n beker koffie elk, het ons na "Town beach" toe gery - wat redelik hoog is en ons mooi kon sien.

Dit was nou 'n lekker uitstappie - so bietjie iets anders as die normale aand!  Die kinders het dit ook geniet.  Dit was regtig spesiaal om dit te kon beleef, al het die fotos nou nie juis die regte prentjie kon vas lĂȘ nie.




No comments:

Post a Comment