Life is either a daring adventure or nothing.

Tuesday, September 11, 2012

Urunga Kamp naweek

Ons het hierdie naweek wat verby is bietjie gaan kamp - ja...lente is hier, winter is verby!!!  Dan wil 'n mens mos vir 'n slag uitkom in die natuur.

Ons het by Urunga (http://en.wikipedia.org/wiki/Urunga,_New_South_Wales) gaan kamp.  Ons noem dit die Bunny place...die hele karavaan park is oortrek van die bunnies - wat die kinders dan natuurlik eindlose genot verskaf het om agter die bunnies aan te hardloop!












Die weer was heerlik die naweek alhoewel die nagte nog so byt gehad het.

Terwyl ons kamp opgeslaan het, het die kinders hulle self vermaak deur rond te hardloop, fiets te ry en boom te klim.  Daar was ook 'n parkie waar die kinders van hul energie kon gaan ontslae raak.

































Etienne het die Sondag 'n MTB (mountain bike) event gaan doen - so ±15km buite Urunga oppad Coffs Harbour toe.  Runa het sy fiets ook saamgeneem na die event toe en het heerlik daar rond gery terwyl ons vir Etienne gewag het.


















Terug by die kamp het ons bietjie die kinders in die water laat speel.  Ruan - so eie in sy aard het nie lank gevat om die voëls rond te jaag nie!











Middagete piekniek!



Aandete (potjiekos) terwyl die manne bietjie die rugbybal vir mekaar gooi!







Die manne!  Ruan gaps Etienne se hoed!







Die Tooth Fairy kom kuier!

Ruan het die afgelope dae gespog met 'n los tand!  Hy was al so opgewonde oor die Tooth Fairy wat gaan kom kuier - hy wil darem mos ook by sy skoolmaats gaan spog met 'n uit tand!

Na die kamp naweek in Urunga - oppad terug Port Macquarie toe, het ons gou middagete gekry en sommer daar langs die pad by 'n tafeltjie gesit en eet.  Ruan het regoor my gesit en terwyl hy nog so smul aan sy broodjie, sien ek maar hier is dan nou 'n gat waar 'n tand was!  Gelukkig het hy nie die tand ingesluk nie en kon ek darem die tand hou om vir die Tooth Fairy te bêre.  Gou gou net die bloederigheid uitgespoel met water en die meneertjie spog met 'n tandlose glimlag!





Baie in sy noppies het ons die aand sy tand onder sy kopkussing gesit en ek het ook vir die Tooth Fairy 'n briefie geskryf om te vertel van Ruan wat sy tand gewissel het en dat ons die tand die aand onder sy kopkussing gaan bêre.

Die Tooth Fairy het toe vir Ruan kom kuier deur die nag en vir hom 'n oulke sertifikaat vir sy eerste tand gelos en ook $5!  Ruan was baie trots toe hy die oggend dit onder sy kopkussing kry.



Sunday, September 2, 2012

Live for the moment...



Live for the moments you can't put into words!