Life is either a daring adventure or nothing.

Friday, March 1, 2013

Green Valley Farm

Green Falley Farm (http://www.greenvalleyfarm.com.au/store/Default.asp) is net so onder 2 ure se ry van ons af.  Ons het die oggend bietjie besluit, genoeg is genoeg ....genoeg van uit pak, genoeg van reg pak, genoeg van skoon maak....ons het nodig om bietjie te ontspan en uit die huis uit te kom.

Ons het toe deur gery na Inverell so uur en half weg van ons in NSW in. (Onthou ons hier in Texas Qld is net so 2km van die NSW grens af).

Wat 'n heerlike plek - die kinders was so opgewonde en kon nie genoeg kry van speel nie!  Daar is 'n speel park met die interessanste speel aparate asook 'n waterpark met 'n waterglybaan. 

Ons het eers bietjie gaan speel in die waterpark aangesien dit vroeër sou toemaak.  Jong, Ruan was versot op die glybaan - hy kon omtrent nie genoeg kry van dit nie!  Bianca het haar maar meer in die kinder swembad tuisgemaak.












Die waterpark!!

Die klein water glybaan vir jong kinders.





Die groot water glybaan - wat Ruan so geniet het!





Die manne

My beurt!


Ruan en ek gaan saam afgaan


Ek en Ruan

Bianca geniet dit vreeslik in die kinder swembad




Op die trampoline kussing - soos hulle van die ding praat

 
Ma en Pa geniet dit ook...



Hear no evil, speak no evil, see no evil!









 
Daar is ook 'n klein verskeindenheid van diere en ook 'n klein restaurant waar ons middagete en milkshakes geniet het.

Die dag het behoorlik in ons verwagtinge voorsien om bietjie te ontspan vir die dag - ons sal beslis weer die plek gaan besoek!

Our new home...Texas

Ons het vaarwel gesê aan Port Macquarie - 'n plek wat vir altyd 'n spesiale plek in ons harte sal hê.

So het ons die lang pad aangedurf na Texas in Queensland - ons nuwe tuiste.  Etienne het 'n posisie as myn surveyor aanvaar by 'n silwer myn.

Texas is baie klein met 'n populasie van net so oor die 900 mense.  Hier is net een straat met 'n paar winkels.  Vir enige noemenswaardige aankope moet jy deur ry na die volgende dorp toe wat so tussen 'n uur na uur en 'n half se ry is.

Die huis wat ons hier gekry het is heelwat kleiner en ons het heelwat goed wat gestoor moet word - in die pakkamer.  Dit is 'n tipiese ou plaashuis waar die toilet nog by die agterdeur sit en nog 'n verdere ding waaraan ons nie gewoond is nie, is daar is geen kaste in die hoofslaapkamer nie.  Etienne sal mettertyd vir ons iets aanmekaar slaan maar vir tyd en wyl het hierdie boere 'n plan gemaak en gebruik sommer 'n boekrak vir kasspasie.

Die erf was ook baie onversorg en die grasperk was so lank dat dit amper soos 'n oerwoud gelyk het. Ek sê toe vir Etienne ek is maar versigtig met die loop want ek het net sandala aan.  Nee, wil hy toe weet, vir wat?  Ek sê toe vir slange natuurlik!  Hy lag toe vir my en sê maar watter slang sal dan nou in die nat lang gras lê....nie 'n uur later nie, sal Mnr Slang wraggies so voor my voete verby seil!  Toe Etienne dit vir die trek mense wat ons goed aflaai vertel - is hulle toe maar baie versigtig en vir voorsorg maatreëls, gooi hul toe komberse op die gras om op te loop!

Ons erf is baie groot en oorkant ons is 'n oop stuk veld met die bure se huis net so skuins oorkant die pad.  Dit is baie mooi om die veld so te sien en ook dan die sonsondergang te kan geniet vanaf ons voorstoep.  Vanuit die kombuis venster kan ek weer die sonsopkoms sien.  Laer af in die veld sien jy die beeste wei en ons bure skuins voor na regs is 3 perde en ons buurvrou reg agter ons is ook 'n perd!

Ruan se skool het 216 leerlinge in - dis 'n laer- en hoërskool!  Maar hy geniet sy skool baie en het sommer gou gou ingeskakel by die nuwe skool en sy roetines.  Bianca het ook begin by kleuterskool 2 dae 'n week.  Sy geniet dit vreeslik baie.

Nog min dae hier in Texas en daar staan nog bokse in party vertrekke - maar kort voor lank, sal ons ingeburger wees!

Hier is so 'n paar fotos van ons eerste paar dae in Texas, Qld.

Etienne en Ruan besig om die nuwe trampoline op te slaan





Die eerste oggend in ons nuwe huis - 'n swerm Galahs op ons voor grasperk - seker maklik in die 50


Die uitsig vanuit ons sitkamer venster - die bure se huis oorkant die straat

Die kinders sit met die bure se hondjie in ons oprit na die huis - oorkant die straat sien jul ons ander bure


Ons agter erf

Buurvrou aan ons agterkant

Bianca maak nader kennis met ons buurvrou

Vanaf die agterste draad terug na ons huis toe




Ons eerste braai in Texas Qld



Sonsondergang - ons uitsig van voorkant van huis af


Vooraansig van ons huis



Ruan het darem 'n boom om in te klouter