Ons het toe deur gery na Inverell so uur en half weg van ons in NSW in. (Onthou ons hier in Texas Qld is net so 2km van die NSW grens af).
Wat 'n heerlike plek - die kinders was so opgewonde en kon nie genoeg kry van speel nie! Daar is 'n speel park met die interessanste speel aparate asook 'n waterpark met 'n waterglybaan.
Ons het eers bietjie gaan speel in die waterpark aangesien dit vroeër sou toemaak. Jong, Ruan was versot op die glybaan - hy kon omtrent nie genoeg kry van dit nie! Bianca het haar maar meer in die kinder swembad tuisgemaak.
Die waterpark!!
Die klein water glybaan vir jong kinders.
Die groot water glybaan - wat Ruan so geniet het!
Die manne |
My beurt! |
Ruan en ek gaan saam afgaan |
Ek en Ruan |
Bianca geniet dit vreeslik in die kinder swembad |
Op die trampoline kussing - soos hulle van die ding praat |
Ma en Pa geniet dit ook...
Hear no evil, speak no evil, see no evil! |
Die dag het behoorlik in ons verwagtinge voorsien om bietjie te ontspan vir die dag - ons sal beslis weer die plek gaan besoek!
No comments:
Post a Comment