Thursday, March 24, 2011

Come and try Playgroup

Woensdag, 23 Maart, het Playgroup NSW 'n soort van ope dag gehad.  Hierdie week is dit mos Nationale Playgroup week hier in Australia - so dit was seker gepas om 'n ope dag ook te hê.

Ons ope dag is gehou by 'n ander playgroup - Lake Albert - waar hulle aktiwiteite vir die kinders gehad het - van jumping castle, petting zoo en play dough saam met ander crafts.



Die twee karnallies het dit baie geniet - reguit soos 'n pyl uit 'n boog na die jumping castle toe!  Ek moes hulle omtrent soebat om na die diere te kom kyk - en toe hulle eers weer by die diere is, kon ek hulle skaars daar wegkry!   

Bianca was maar skrikkerig vir die lamas en die skaap met die lammetjie - maar het sy nou die hasies geniet!  Sy het vir hulle kossies (gras) deur die heinding gegee en selfs een bietjie "gecuddle" - vasgehou!


ONTHOU:  VIDEO CLIPS GEBRUIK DATA OM TE KYK, MAAK SEKER DAAR IS GENOEG DATA BESKIKBAAR OM CLIPS TE KYK.



Ruan was weer gaande oor die eendjies - maar het ook so bietjie lig geloop vir die lamas!  Hy het darem so bietjie moed bymekaar geskraap en die een lama gaan vryf.







1 comment:

  1. Dis die mooiste fotos ooit!! My hart raak klein klein van groot verlange! Wonderlik dat die kids so baie goedjies kan doen, sien, en ervaar! Nxxxxx

    ReplyDelete