Die atletiek seisoen het hier begin - dit is nie soos in Suid-Afrika waar atletiek deel is van die skool program nie, maar hier is dit 'n naskoolse aktiwiteit.
Die kinders het baie geesdriftig begin met die Little Athletics - Bianca kan ook deelneem as deel van die Tiny Tots groep. Sy geniet dit baie dat daar nou oor haar ook ge-ooo en ge-aaa word en dat Mamma met haar kamera haar ook agtervolg soos net 'n Mamarazzi kan doen!
Hier is 'n paar fotos van hul eerste Little A's....
 |
Ruan besig om tou te spring |
 |
Besig om te boks - met Sarah & Max |
 |
Bianca & Sarah |
 |
Bianca doen "mountain climbs" |
 |
Bianca en haar maatjie Stella |
 |
Kyk hoe hardloop die ou girly saam met die boys! |
No comments:
Post a Comment