Life is either a daring adventure or nothing.

Monday, August 27, 2012

The Big Banana...Coff's Harbour



Ons het hierdie naweek bietjie deur gery Coff's Harbour toe.  Coff's Harbour staan ook bekand as The Big Banana! Dit is omtrent so 2 na 2 en 'n half ure se ry van Port Macquarie af.  Die area lyk omtrent soos Natal in Suid-Afrika en dan kyk jy weer, kan jy sommer jou verbeel jy is in Nelspruit omgewing!  Die area is berug vir hulle piesang bome en piesang boerderye....daarvandaan die "The Big Banana"!

Ons jarelange vriende - Die Davidsons - bly tans in Coff's Harbour en ons het die dag saam hulle vreeslik geniet.  Mooi weer, en goeie geselskap, wat meer kan 'n mens vra.  Die kinders het heerlik gespeel.

Ons het eers die kinders na 'n heerlike parkie geneem waar hulle kon speel en daarna het ons gaan "fish & chips" koop vir piekniek.   Ons het sommer lekker op die gras met die mooiste uitsig, piekniek gehou waarna die kinders lekker op die gras baljaar het en ons grootmense bietjie kon skinder en gesels.





















Amelie & Ruan

Kathy & Etienne


Bianca se beurt op die foefie-slide!


Myra trek gou haar skoene uit sodat sy ook in die pret kan gaan deel.





Monkeys Amelie & Ruan







Kathy lyk so bietjie dors....

Ons piekniek spot


Die kinders was baie honger na die lekker speel!

Bianca & Amelie

Myra & Bianca

Dave & Ruan speel so bietjie






















Tuesday, August 7, 2012

Ruan se skool atletiek


Ruan se skool het laas week hulle Athletics Carnival gehad...nou nie atletiek soos ons in Suid-Afrika sal ken nie maar meer 'n boeresport dag....tou trek, gewigstoot, sakresies ens.

Die kinders was vreeslik opgewonde...weereens omdat hulle met busse na die sportsgronde toe kon ry! Ons het 'n heerlike sonskyndag gehad.

Net 'n groot jammerte dat ek so sukkel om die video clips gelaai te kry...daar kan mens nou eers sien hoe die kinders dit geniet..jammer dat julle nie kan deel in die video clips nie.  Ek sal kyk of ek dit gelaai kan kry...

Die busse arriveer!

Bianca deel in die pret...op ons piekniek kombers

Voor die pret begin

Tou trek spanne word ingedeel

Daar word gecheer vir die ander spanne wat tou trek




Ready, steady....pull!!!!



Die wenners...!!!

Ruan en Lae


Lae, Ruan en Harrison doen Whoop-Whoops na die wen...




Oefen die spiere vir rondte nommer 2!





Na die tou trek is hulle na die shot-put (gewigstoot) toe...eers so paar oefenlopies...






Bianca het ook so bietjie gaan weglĂȘ aan haar versnaperinge toe die atlete gou water en vrugte breek neem.


Ruan en Harrison






Hop hop hop



Na die atletiek was die kinders behoorlik poegaai....Ruan het sommer die aand vroeg gaan slaap.  En natuurlik word daar sommer nog lekker gepraat oor die atletiek!