Ons het hierdie naweek bietjie deur gery Coff's Harbour toe. Coff's Harbour staan ook bekand as The Big Banana! Dit is omtrent so 2 na 2 en 'n half ure se ry van Port Macquarie af. Die area lyk omtrent soos Natal in Suid-Afrika en dan kyk jy weer, kan jy sommer jou verbeel jy is in Nelspruit omgewing! Die area is berug vir hulle piesang bome en piesang boerderye....daarvandaan die "The Big Banana"!
Ons jarelange vriende - Die Davidsons - bly tans in Coff's Harbour en ons het die dag saam hulle vreeslik geniet. Mooi weer, en goeie geselskap, wat meer kan 'n mens vra. Die kinders het heerlik gespeel.
Ons het eers die kinders na 'n heerlike parkie geneem waar hulle kon speel en daarna het ons gaan "fish & chips" koop vir piekniek. Ons het sommer lekker op die gras met die mooiste uitsig, piekniek gehou waarna die kinders lekker op die gras baljaar het en ons grootmense bietjie kon skinder en gesels.
Amelie & Ruan |
Kathy & Etienne |
Bianca se beurt op die foefie-slide!
Myra trek gou haar skoene uit sodat sy ook in die pret kan gaan deel.
Monkeys Amelie & Ruan |
Kathy lyk so bietjie dors.... |
Ons piekniek spot |
Die kinders was baie honger na die lekker speel! |
Bianca & Amelie |
Myra & Bianca |
Dave & Ruan speel so bietjie |
No comments:
Post a Comment