Life is either a daring adventure or nothing.

Tuesday, August 7, 2012

Ruan se skool atletiek


Ruan se skool het laas week hulle Athletics Carnival gehad...nou nie atletiek soos ons in Suid-Afrika sal ken nie maar meer 'n boeresport dag....tou trek, gewigstoot, sakresies ens.

Die kinders was vreeslik opgewonde...weereens omdat hulle met busse na die sportsgronde toe kon ry! Ons het 'n heerlike sonskyndag gehad.

Net 'n groot jammerte dat ek so sukkel om die video clips gelaai te kry...daar kan mens nou eers sien hoe die kinders dit geniet..jammer dat julle nie kan deel in die video clips nie.  Ek sal kyk of ek dit gelaai kan kry...

Die busse arriveer!

Bianca deel in die pret...op ons piekniek kombers

Voor die pret begin

Tou trek spanne word ingedeel

Daar word gecheer vir die ander spanne wat tou trek




Ready, steady....pull!!!!



Die wenners...!!!

Ruan en Lae


Lae, Ruan en Harrison doen Whoop-Whoops na die wen...




Oefen die spiere vir rondte nommer 2!





Na die tou trek is hulle na die shot-put (gewigstoot) toe...eers so paar oefenlopies...






Bianca het ook so bietjie gaan weglĂȘ aan haar versnaperinge toe die atlete gou water en vrugte breek neem.


Ruan en Harrison






Hop hop hop



Na die atletiek was die kinders behoorlik poegaai....Ruan het sommer die aand vroeg gaan slaap.  En natuurlik word daar sommer nog lekker gepraat oor die atletiek!

1 comment:

  1. Dit lyk soos 'n heerlike daggie - vir almal! Ou mistertjie en pops is darem diep in hierdie tannie se hart ingewikkel, hehe, klein klitsies! Nella xxx

    ReplyDelete