Life is either a daring adventure or nothing.

Monday, February 25, 2013

Rodeo 06/01/2013

Howdy Cowboy!!!!!

Nou ja, teen hierdie tyd weet almal dat die 4Oliviere mal is oor Rodeo!!  Ons het deurgery na 'n buurdorp waar daar 'n Rodeo gehou is.  Gewapen met son sambrele, kampstoele en sonskerm - en ook 'n piekniek mandjie, het ons deur gery na Kendall toe vir die Rodeo.





Daar was ook perde waarop die kinders kon gaan ry het - of eerder begelei word!  Jong, ons moes die kinders met moeite daar weg kry - hul sou die heeltyd net op die perde gery het as hul kon!  Dit was die eerste keer wat die kinders op groot perde was - voorheen was dit net ponies.  Maar het hulle dit nou geniet jong!  Veral Bianca wat sommer die vrou aansĂȘ nog twee keer!  En na die tyd kon hul nie uitgepraat raak oor die perde nie!










Lekker versnapperinge - wat is 'n Rodeo sonder worsbroodjies??













Van die kinders wat deelgeneem het aan die Rodeo.



Die kleine meisiekind wat so oulik was op haar perd.











 
Ons was gelukkig om weer heel voor 'n sitplek te kon kry - daar waar jy al die aksie kan sien en ook in die aksie kan deel as die perd of die bul sommer hier voor jou kom vas skop en die sand so in jou gesig in skop! 
 
 
 

Saturday, February 23, 2013

River Cruise 30/12/2012

Haai julle - hoe onvergeeflik van my!  Kan jul glo dat ek 'n dag oorgeslaan het en skoon vergeet het om van die dag te blog!  Wat kan ek sĂȘ om as verskoning te dien...die ouderdom haal my in????

Ons het die 30ste Desember vir 'n River Cruise met Port Venture (http://www.portventure.com.au/  gegaan. Was heerlik gewees en ons het goeie sitplekke ook gekry vir die rit.  'n Mens gaan aan boord van die boot in die hawe by Port Macquarie en dan neem die river cruise so om en by 2 ure. 

Dit was 'n bietjie bewolk en winderig maar met die spoed wat die boot vaar het die wind geensins gepla.




Toe word die kinders honger - gelukkig was daar worsbroodjies wat jy kon kry aan boord.





Die kinders geniet die tydjie saam Oupa & Ouma



Daarsy, cheers!!!



Die catamaran mat waar jy kan gaan splash