Life is either a daring adventure or nothing.

Monday, February 25, 2013

Rodeo 06/01/2013

Howdy Cowboy!!!!!

Nou ja, teen hierdie tyd weet almal dat die 4Oliviere mal is oor Rodeo!!  Ons het deurgery na 'n buurdorp waar daar 'n Rodeo gehou is.  Gewapen met son sambrele, kampstoele en sonskerm - en ook 'n piekniek mandjie, het ons deur gery na Kendall toe vir die Rodeo.





Daar was ook perde waarop die kinders kon gaan ry het - of eerder begelei word!  Jong, ons moes die kinders met moeite daar weg kry - hul sou die heeltyd net op die perde gery het as hul kon!  Dit was die eerste keer wat die kinders op groot perde was - voorheen was dit net ponies.  Maar het hulle dit nou geniet jong!  Veral Bianca wat sommer die vrou aansê nog twee keer!  En na die tyd kon hul nie uitgepraat raak oor die perde nie!










Lekker versnapperinge - wat is 'n Rodeo sonder worsbroodjies??













Van die kinders wat deelgeneem het aan die Rodeo.



Die kleine meisiekind wat so oulik was op haar perd.











 
Ons was gelukkig om weer heel voor 'n sitplek te kon kry - daar waar jy al die aksie kan sien en ook in die aksie kan deel as die perd of die bul sommer hier voor jou kom vas skop en die sand so in jou gesig in skop! 
 
 
 

No comments:

Post a Comment