Lieflike Sonskyn - ons moet uit uit uit - buite toe om die sonskyn te geniet!
Na 'n rustige klaarmaak die oggend, het ek vir ons 'n piekniek mandjie gepak en is ons uit na die Lesmurdie Falls toe (http://www.toptrails.com.au/index.php/trails/trail/lesmurdie-falls/)
Ons het lekker gewandel tot by die voet van die waterval en al die pad terug boontoe. Arme Bianca het om 'n stadium getrip en moes Etienne maar bietjie abba!
Na ons wandeltog het ons in 'n parkie gaan piekniek hou. Die kinders het so bietjie gespeel en toe het ons bietjie T-Ball geoefen.
Wat 'n heerlike dag - buite in die sonskyn, buite in die natuur - tyd saam as gesin!
Tuesday, September 10, 2013
Go Bokke Go
Met die Springbokke vs Australia rugby game het ons sommer vroeg dag al ons ondersteuning begin wys - ons hele 4Oliviere gesin was geklee in ons Springbokke hempde.
Die middag het ons heerlik gekuier met vriende wat oorgekom het om die rugby saam met ons te kyk - en wat 'n lekker wedstryd was dit nie! So trots op die Bokke! En die ou Aussies se monde was maar stil!

Lief vir jou Pappa - Vadersdag in die Olivier huis
Sjoe was dit omtrent 'n gedoente in hierdie huis om alles stil stil te hou vir Pappa se Vadersdag persente! Die kinders het saam saam aan persent gewerk hier by die huis asook hul afsonderlike Vadersdag persente wat hul by die skool gemaak het.
Ons het vir Dadda koffie in die bed gegee en toe is dit persente oopmaak. Dit is lekker om Dadda te bederf!
Na die persente en lui lekker oggend in die bed het ons ontbyt gemaak. Later die dag het ons na 'n park gegaan waar daar 'n T-Ball dag was. Ruan het so bietjie balle geslaan en ons het gesit en kyk na ander baseball games.

Close your eyes Dad! |
Subscribe to:
Posts (Atom)