Life is either a daring adventure or nothing.

Friday, February 18, 2011

Playgroup

Ons het ingeskakel by 'n playgroup hier - die kinders geniet dit baie.  En ek moet sê, ek geniet dit ook.  Die ander mammas is baie vriendelik.  En net die eerste keer wat ons gegaan het, het ek bietjie na 'n "outsider" gevoel.  Maar ek reken dit was baie normaal - want ek was die vreemdeling!  Ek het my nie laat ondersit daardeur nie en sommer van die staan spoor af, uit my eie uit, gaan geselsies aanknoop - en ek moet sê dit het gewerk!  Vandag is daar nie meer daardie vreemdheid nie en skakel ons lekker in!

Dit is 'n hele organisasie hier in NSW - Playgroup NSW (http://www.playgroupaustralia.com.au/nsw/) - wat heelwat vir die verskeie playgroups in NSW doen.  Daar is 'n playgroup week wat in Maart is en dan allerhande lekker dinge wat nog op die kalender is - ek weet iewers in Maart kom die brandweer ons playgroup besoek.  Dit gaan darem lekker wees - ek weet van een mannetjie wat darem bitter opgewonde gaan wees daaroor!!

Hier is maar net so 'n paar fototjies van die kinders besig met speel tydens playgroup.



Bianca geniet 'n peuselhappie so tussen al die speel!



Bianca met van die "role-play" klere aan - natuurlik het sy eerste vir die handsak gegaan!!

No comments:

Post a Comment