Ons het vroeg in die pad geval en gemaak soos die boere van ouds...hoe ry die boere sit sit so....Hier gestop om te kyk en daar gestop om 'n koffie te drink...
Tumbarumba self is ook maar een van daardie plekkies wat jy moet mooi kyk voor jy hom mis!! Jy weet, een van daardie dorpies met die een teerstraat en een stel verkeersligte! Maar ten spyte daarvan, 'n baie mooi dorp!
Ons het 'n bietje deur die dorp geloop en by hulle Information Centre (wat meer soos 'n klein museum is) gaan inloer. Daarna het ons langs die stroom gaan piekniek hou waarna die kinders bietjie gaan litte los maak het in die parkie.
Oppad terug Wagga toe het ons by die Pioneer Womens Hut (http://www.pioneerwomenshut.com.au/) gestop. Dit is 'n museum wat opgedra is aan die vroue van ou (rural) Australia - hoe hulle daardie tyd "die pot aan die kook" gehou het!
Dit was nogals vir ons snaaks om net so in te stap in 'n museum in - alles goed instand gehou en niks word deurmekaar gemaak nie - soos jy dit daar kry - so los jy dit. Soos hier gepraat word van 'n "honesty box" - is daar 'n boks waarin jy geld kan gooi vir donasies ensovoorts. Maar daar is niemand wat "wag" staan nie.
No comments:
Post a Comment