Life is either a daring adventure or nothing.

Sunday, April 15, 2012

Ruan se "easter hat parade"!

Ruan het by hul skool 'n easter hat parade gehad - die laaste dag van die skool.  Ons het ywerig aan sy hoed gewerk - selfs vir Bianca ook 'n hoed gemaak.  Die laaste dag kon hy dan in gewone (casual) klere skool toe gaan.


Jong, was die parade dan nou 'n kleurvolle besigheid.  En die kinders het dit so geniet!  Daar is darem 'n paar kunstige kinders en mammas hoor.


Ruan se klas - KF



Ruan se klas juffrou - Mrs Fieldsend









En was ek toe nou so gelukkig om 'n prys (easter hamper) in die raffle te wen!  Hier sit Bianca met die hamper - so in haar noppies!



En so sluit ons die skool se eerste termyn af - vakansie hier kom ons!!!

Ruan the little Ninja!

Ruan het begin karate doen...of eerder martial arts - Kumiai-Ryu martial art system.  Sy klas word genoem die KR Little Ninjas!


Hy geniet dit vreeslik en oefen by die huis ook - en daar word sommer met groot opgewondenheid vir almal gewys hoe word dit gedoen!





KR LITTLE NINJAS KUN

*  I am a Little Ninja

*  My mind and body strong

*  I am a role model

*  For what is right and wrong

*  By respecting myself and others

*And training with discipline and control

*  I wil learn and develop skills

*  To reach my Little Ninjas goals

OSU



Onse ou groot man!

Wys my spiere









Doen sit-ups

Dit was vir my te oulik hoe Ruan probeer sit-ups doen het en toe maar op sy eie manier dit gedoen het...'n boer maak mos 'n plan!







Thursday, April 5, 2012

Sydney kuier naweek van 24 Maart...Part 3




Inside Coney Island....



Inside the mirror-maze










Vandaar het ons uitbeweeg na die kiddies rides. 











Een van "old time favourites" - die break dancer!  Ek en Ruan het hierop gegaan en het omtrent geboogie!!!  Dit was vet pret, en na hierdie rit, het ek gewens ons kon weer gaan!





Jolene & Micah





Uitgeputte kinders....check
Een heerlike uitstappie...check
Baie fotos vir goeie memories....PRICELESS!!!

Sydney kuier naweek van 24 Maart...Part 2



LUNA PARK!

Ons het die kinders bietjie Luna Park toe geneem en was dit nou 'n heerlike uitstappie!  Jy betaal 'n ingangsfooi en dan kan jy op al die rides ry en vir hoeveel keer jy ook al wil.  Daar is verskeie rides vir verskeie ouderdomme.  Die kinders het 'n fantasties tyd gehad.  Ons het die trein ingeneem stad toe, by Luna Park gekuier en toe met die ferry oor na die Circular Quay toe vanwaar ons weer die trein terug geneem het.  Die kinders het sommer oppad terug op die trein aan die slaap geraak!




 




Op die ferris-wheel!


Sydney Opera house vanuit die lug gesien





Micah



Die 3 Jordane






Etienne en Ruan gaan op die wild mouse!  Was omtrent 'n wilde muis rit!  Arme Ruan het vir 'n oomblik daar 'n panic gestrike maar het darem na die tyd oorgeborrel van hoe fun dit was.




Daar gaan die 2 manne!






Het gou iets gekry om te eet. 



Sulke baie lekker dinge en rides maak 'n kind honger jong!