Life is either a daring adventure or nothing.

Monday, May 20, 2013

Toffie Appel

Wat 'n lekkerny is 'n toffie appel tog nie vir 'n kind nie?  En wie van ons onthou nie hoe ons ook as kind tog so smaaklik, aan 'n toffie appel kon smul nie?

Ruan en Bianca het hierdie naweek die eerste keer 'n toffie appel gekry - nog 'n merkie langs 'n grootword herinnering!

Alhoewel die toffie appel hul baas geraak het, het hul tog die bietjie waaraan hul gesmul het, terdee geniet.




Etienne herleef ook weer sy kinderdae....of is dit maar net om sy soet-tand te bevredig?










Sunday, May 19, 2013

Lekker buite speel

Die kinders het heerlik buite in die tuin gespeel - al het daar 'n koue windjie gewaai - maar 'n kind steur hom mos nie aan koue nie - solank daar net lekker gespeel kan word!






4 Oliviere = Gypsies

Nou nie regtige Gypsies nie maar na dese gaan dit omtrent voel of ons Gypsies is wat so baie rond trek.  Nou net klaar ingeburger hier in Texas Qld - toe ons verneem die huis waarin ons is, is op die mark en daar is 'n koper.

Nou ja, huise is maar skaars soos hoendertande hier in die kleine ou dorpie Texas.  Gelukkig kon die myn darem vir ons 'n ander huis kry.  In die middel van die dorp en loop afstand van alles af.  Ongelukkig verloor ons die stilte van die area waar ons was asook die mooi uitsig vanwaar ons die genot van vele sonsondergange gehad.

Maar wat die nuwe huis ons bied, is meer spasie veral kas spasie - oral oor die huis is heerlike kaste - en waar ons nie eers kaste in ons slaapkamer gehad het nie - is dit nou 'n heerlike verandering om nie die heeltyd in jou klerekas te moet vaskyk nie.

Dieselfde oggend na ons getrek het en na ek die ander plek skoongemaak het - neem ek die sleutels terug na die eiendoms agent - net om te verneem dat die koper se koop deur die mat geval het!  Daar het ons verniet getrek - maar soos dit is, het ons darem 'n lekkerder huis (alhoewel nie lekkerder area nie) uit die trek gekry!

Ruan word 6!



Ons groot mannetjie verjaar!  Sjoe, kan nie glo Ruan vier sy 6de verjaardag nie!  Dit is absoluut wonderlik om Ruan in ons lewens te hê.  Jong, was hy darem opgewonde oor sy verjaardag - en dit was sommer 'n groot hoogtepunt in sy klas ook gewees!

Ruan se verjaardag uitnodiging

Ruan het sommer maande vooraf vir my genoem wat hy vir sy partytjie wil hê - Optimus Prime!  Nou ja, so beplan ek partytjie maar die grootste worry vir my is die koek - hoe gaan ek 'n Optimus Prime koek bak?  Ons kafee hier in Texas doen ook verjaardag koeke maar die het my laat weet dat hul nie 'n Optimus Prime koek sal kan bak nie.  Daar sit ek toe en doen navorsing op die internet oor 'n Optimus Prime koek vir Ruan se partytjie.  So kom Ruan ingeloop en kyk toe saam met my na voorbeelde en daar kies hy toe 'n koek wat ek darem sal kan maak.

Hier is 'n paar fotos om te deel in Ruan se 6de verjaardag.

Die Birthday Boy se verjaardag troon





Baie in sy noppies met sy Optimus Prime geskenk

Die Verjaardag koek



Almal speel heerlik in die park

Bianca geniet 'n jelly cup









Tyd vir die koek sny

Die kinders was vreeslik opgewonde oor die koek en het my omtrent toegestaan - ek moes naderhand vra vir meer spasie sodat ek net die koek gesny kon kry!  Gelukkig was die koek 'n reuse sukses!  3 Lae - vanilla, chocolate en weer vanilla - geskei met blou versiersel.  Etienne het twee seuntjies oor praat...hulle het langs mekaar gesit en begin koek eet...toe kyk hulle mekaar so en sê blykbaar gelyktydig..."blue icing...COOL"!

















Die koek aan die binnekant

Bianca geniet haar stukkie verjaardag koek

Daardie aand, na die partytjie het ons nog heerlik gesit en persente oopmaak en oorskiet verjaardag koek eet vir nagereg.  Na 'n heerlike bad het Ruan en Bianca vroeg vroeg gaan slaap - heerlik uitgeput van al die lekker verjaardag partytjie hou - ja, ja....ek ook!!!

Little A's

Die atletiek seisoen het hier begin - dit is nie soos in Suid-Afrika waar atletiek deel is van die skool program nie, maar hier is dit 'n naskoolse aktiwiteit.

Die kinders het baie geesdriftig begin met die Little Athletics - Bianca kan ook deelneem as deel van die Tiny Tots groep.  Sy geniet dit baie dat daar nou oor haar ook ge-ooo en ge-aaa word en dat Mamma met haar kamera haar ook agtervolg soos net 'n Mamarazzi kan doen!

Hier is 'n paar fotos van hul eerste Little A's....



Ruan besig om tou te spring



Besig om te boks - met Sarah & Max

Bianca & Sarah

Bianca doen "mountain climbs"






Bianca en haar maatjie Stella



Kyk hoe hardloop die ou girly saam met die boys!