Ons groot mannetjie verjaar! Sjoe, kan nie glo Ruan vier sy 6de verjaardag nie! Dit is absoluut wonderlik om Ruan in ons lewens te hê. Jong, was hy darem opgewonde oor sy verjaardag - en dit was sommer 'n groot hoogtepunt in sy klas ook gewees!
|
Ruan se verjaardag uitnodiging |
Ruan het sommer maande vooraf vir my genoem wat hy vir sy partytjie wil hê - Optimus Prime! Nou ja, so beplan ek partytjie maar die grootste worry vir my is die koek - hoe gaan ek 'n Optimus Prime koek bak? Ons kafee hier in Texas doen ook verjaardag koeke maar die het my laat weet dat hul nie 'n Optimus Prime koek sal kan bak nie. Daar sit ek toe en doen navorsing op die internet oor 'n Optimus Prime koek vir Ruan se partytjie. So kom Ruan ingeloop en kyk toe saam met my na voorbeelde en daar kies hy toe 'n koek wat ek darem sal kan maak.
Hier is 'n paar fotos om te deel in Ruan se 6de verjaardag.
|
Die Birthday Boy se verjaardag troon |
|
Baie in sy noppies met sy Optimus Prime geskenk |
|
Die Verjaardag koek |
|
Almal speel heerlik in die park |
|
Bianca geniet 'n jelly cup |
|
Tyd vir die koek sny |
Die kinders was vreeslik opgewonde oor die koek en het my omtrent toegestaan - ek moes naderhand vra vir meer spasie sodat ek net die koek gesny kon kry! Gelukkig was die koek 'n reuse sukses! 3 Lae - vanilla, chocolate en weer vanilla - geskei met blou versiersel. Etienne het twee seuntjies oor praat...hulle het langs mekaar gesit en begin koek eet...toe kyk hulle mekaar so en sê blykbaar gelyktydig..."blue icing...COOL"!
|
Die koek aan die binnekant |
|
Bianca geniet haar stukkie verjaardag koek |
Daardie aand, na die partytjie het ons nog heerlik gesit en persente oopmaak en oorskiet verjaardag koek eet vir nagereg. Na 'n heerlike bad het Ruan en Bianca vroeg vroeg gaan slaap - heerlik uitgeput van al die lekker verjaardag partytjie hou - ja, ja....ek ook!!!
No comments:
Post a Comment