Life is either a daring adventure or nothing.

Monday, August 5, 2013

Kings Park uitstappie

Na 'n week of wat van reën het ons die naweek heerlike sonskyn weer gehad.  Ons het besluit om Kings Park te gaan verken.  Ons het 'n piekniek mandjie gepak en eers middag ete op die grasperk gaan geniet waarna ons toe dapper stapper die park begin verken het.

 Ons het toe by Rio Tinto Naturescape (http://www.bgpa.wa.gov.au/education/naturescape) gekom waar ons 'n Scavengerhunt gedoen het!  Dit was heerlik en die kinders het dit geniet om vir die leidrade te soek.  Dis 'n baie oulike en goed uitgelegte park.

Vandaar het ons begin aan stap na die speel park toe - maar genugtig - teen die tyd was ons bene al moeg en was dit omtrent nog so 1.5km se loop na die parkie toe.  Ek en die kinders het sommer daar gewag terwyl Etienne die motor gaan haal het.

By die parkie aangekom was dit omtrent besig - almal geniet die sonskyn!  Ons het toe besluit om eerder 'n latere stadium na die parkie toe te gaan.

Daar is soveel te doen en te sien in Kings Park (http://en.wikipedia.org/wiki/Kings_Park,_Western_Australia) - ons sal beslis weer daar gaan rondloop.
















 

















No comments:

Post a Comment