Life is either a daring adventure or nothing.

Saturday, November 17, 2012

Eerste dag in Port Macquarie!

Na ons eers laat terug gekom het in Port Macquarie het ons almal eers rustig geraak en sommer vroeg gaan inkruip.  Die volgende oggend het ons lui lui klaargemaak en rustig buite gesit en koffie drink.

Ons het vir my ouers gou ons local (Flynn's Beach) gaan wys en toe gou winkel toe vir bietjie kosmaak goedjies en toe terug gekom huis toe om weer net rustig te wees - die ou mensies moet mos eers oor hulle "jet lag" kom jong!



Ruan agter in die "jungle" - soos die kinders daarvan praat - op hul nuwe swing!



By Flynn's Beach...


Stervisse gesien ook...Bianca was baie braaf om ene vas te hou!







 
Kyk daai storm op die horison!





Ons het ook die middag na ons parkie toe gestap vir bietjie speel met die kinders en ook om vir ouma en oupa ons Boardwalk langs die Pond te wys.




Sydney 10/11/2012

Na 'n lang middag en aand waar ons gaan oorslaap het by die Jordane in Sydney - het ons die oggend die ferry ingeneem Sydney toe om vir my ouers Sydney Harbour Bridge en Sydney Opera House te gaan wys.  Ongelukkig was die weer nie juis gunstig nie maar ons het nie dat dit ons keer nie.

Die kinders het ons eers bietjie vermaak voor ontbyt...




Hoe gelukkig is Pa en Ma nie....om hul eerste oggend in Oz 'n possum te sien!!  Dit was ons eerste keer in amper 2jaar hier!


Op die ferry oppad stad toe.





 
 

 
 











In die kar oppad terug Port Macquarie toe.  Ouma en Oupa het vir die twee kinders die sakkie met die slaap masker van die vliegtuig gegee en Bianca het op haar eie ontdek waarvoor dit eintlik gebruik word - en so het sy heerlik geslaap in die kar!


 
 

Friday, November 16, 2012

Pa Dawid & Ma Marina kom kuier in Oz!

Jong, was dit darem 'n afwagting - hierdie kuier van my ouers!  Van vroeg af in die jaar het ons al maande getel, toe raak dit weke en toe ons by dae kom, kon 'n mens letterlik die opgewondenheid voel!

Ons het die oggend van die goeie weersien vroeg vroeg 'n huur kar gaan kry - sodat ons almal in een kar kan pas.  Ons het vir Pa en Ma op Sydney lughawe gaan haal.  Dit is so om en by 4ure se ry van Port Macquarie af.

Nou moes dit ook die dag besluit het om te reën en tesame met die Sydney verkeeer was ons amper laat.  Maar gelukkig het ons dit betyds gemaak om vir hulle in te wag...maar by die lughawe aangekom verneem ons dat hulle vlug vertraag is en dat hulle moes stop by Melbourne - juis as gevolg van swak weer met 'n storm en dan ook om nog brandstof te kry vir die vlug terug vanaf Melbourne na Sydney.  So, waar hulle so net voor 3uur die middag sou land, land hulle eers toe net so voor 6 die aand.  Ai, dit was 'n gewag en gestres dat alles ok moet wees. Die kinders was ook maar naderhand moeg en op gewag.  Gelukkig het hulle maatjies gemaak en die het sommer lekker daar rondgehardloop en speel. 

Ons het Oupa en Ouma plakkate gemaak om vir Oupa en Ouma welkom te heet op die lughawe. 

 
 
Ons het vir ons 'n ligte middagete gekry - sushi!  Gelukkig hou die kinders ook van sushi.


Maar wat 'n blye weersiens na amper 2 jaar - hou ek my ouers weer in my arms vas! Dit was 'n heerlike gevoel. (Jammer maar hier wil die video clip alweer nie oplaai nie)

Welkom hier by ons julle en ons hoop julle geniet julle kuier hier by ons Down Under!!!

Wednesday, November 7, 2012

Halloween party

Ons het heerlik gaan Halloween partytjie hou by maatjies.  Dit was nou baie lekker met baie pret aktwiwiteite.  April was soos 'n pers heks opgemaak en ek moet sê sy het 'n baie goeie Halloween huis gemaak.  Daar was tot 'n "haunted house" deur klokkie wat jy moes lui as jy daar aankom - tot groot vermaak vir die kinders!

Daar was allerhande lekker Halloween eetgoed en speletjies...van hekse brousel maak, doughnut eet kompetisie en ghost ghost witch (duck duck goose) - wat ons natuurlik ken as vrot eier.

Die eet tafel met die wurm cupcakes wat ek gemaak het


April die heks

Kids speel ghost ghost witch


Bianca het baie pret gehad


Ruan was die beste met die doughnut eet kompitisie! Op die ou einde het Ruan die prys gekry vir die "scariest costume" en Bianca die prys vir "best player girl"

Bianca het goed saam gespeel - het nogals probeer die "no hands" reël maar het naderhand opgegee en so bietjie gekroek - want hoe dan anders - sy gaan dan nooit 'n hap doughnut kry nie!











Skelm, ook maar so bietjie gekroek!





 
En daar gaan die deur klokkie alweer...!!!

Best Costume Boy

Best player Girl


 O ja, en om nie uit te voel nie het hierdie mamma ook in Halloween spirit gekom en myself soos 'n zombie opgemaak - gits was die kinders mal daaroor...vertel net vir almal hoe "scary" is hul mamma!!!