Life is either a daring adventure or nothing.

Wednesday, November 7, 2012

Halloween Disco

Ruan se skool het 'n Halloween disco aangebied en die kleinder kinders (Kinder en Year 1) kon eerste kans kry vir skoffel op die dansvloer en almal die skrik op die lyf jaag met hul monderings.

Groot was die opgewondenheid om dan nou in hul monderings te gaan disco dat ons sommer al vroeg vroeg hier by die huis die monster geluide geoefen het - tipies Ruan-styl!





Daar was darem oulike hekse, monsters en spoke. Daar wen Ruan se maatjie Cameron toe ook die "Best dress award" - Cameron het as 'n spook gegaan - en moet sĂȘ sy spook geluide was van die beste wat ek al gehoor het!

Maar jinne, sulke klomp kinders bymekaar kan 'n geraas maak! My ore het omtrent getuit. En dit was tog te oulik hoe die klomp dan saam sing saam met die liedjies.

 




Bianca saam met van Ruan se klasmaats.


 
 
Ongelukkig kan ek nie die video clips met julle deel nie...vir een of ander rede wil die oplaai van die video clips nie saam werk nie...


No comments:

Post a Comment