Ons het heerlik gaan Halloween partytjie hou by maatjies. Dit was nou baie lekker met baie pret aktwiwiteite. April was soos 'n pers heks opgemaak en ek moet sê sy het 'n baie goeie Halloween huis gemaak. Daar was tot 'n "haunted house" deur klokkie wat jy moes lui as jy daar aankom - tot groot vermaak vir die kinders!
Daar was allerhande lekker Halloween eetgoed en speletjies...van hekse brousel maak, doughnut eet kompetisie en ghost ghost witch (duck duck goose) - wat ons natuurlik ken as vrot eier.
|
Die eet tafel met die wurm cupcakes wat ek gemaak het |
|
April die heks |
|
Kids speel ghost ghost witch |
|
Bianca het baie pret gehad |
Ruan was die beste met die doughnut eet kompitisie! Op die ou einde het Ruan die prys gekry vir die "scariest costume" en Bianca die prys vir "best player girl"
Bianca het goed saam gespeel - het nogals probeer die "no hands" reël maar het naderhand opgegee en so bietjie gekroek - want hoe dan anders - sy gaan dan nooit 'n hap doughnut kry nie!
|
Skelm, ook maar so bietjie gekroek! |
|
En daar gaan die deur klokkie alweer...!!! |
|
Best Costume Boy |
|
Best player Girl |
O ja, en om nie uit te voel nie het hierdie mamma ook in Halloween spirit gekom en myself soos 'n zombie opgemaak - gits was die kinders mal daaroor...vertel net vir almal hoe "scary" is hul mamma!!!
Gelukkige verjaardag Ettienne! Hoop jy het 'n heerlike dag en great jaar! Xxx Die Dawson's
ReplyDelete