Ons het die oggend van die goeie weersien vroeg vroeg 'n huur kar gaan kry - sodat ons almal in een kar kan pas. Ons het vir Pa en Ma op Sydney lughawe gaan haal. Dit is so om en by 4ure se ry van Port Macquarie af.
Nou moes dit ook die dag besluit het om te reën en tesame met die Sydney verkeeer was ons amper laat. Maar gelukkig het ons dit betyds gemaak om vir hulle in te wag...maar by die lughawe aangekom verneem ons dat hulle vlug vertraag is en dat hulle moes stop by Melbourne - juis as gevolg van swak weer met 'n storm en dan ook om nog brandstof te kry vir die vlug terug vanaf Melbourne na Sydney. So, waar hulle so net voor 3uur die middag sou land, land hulle eers toe net so voor 6 die aand. Ai, dit was 'n gewag en gestres dat alles ok moet wees. Die kinders was ook maar naderhand moeg en op gewag. Gelukkig het hulle maatjies gemaak en die het sommer lekker daar rondgehardloop en speel.
Ons het Oupa en Ouma plakkate gemaak om vir Oupa en Ouma welkom te heet op die lughawe.
Ons het vir ons 'n ligte middagete gekry - sushi! Gelukkig hou die kinders ook van sushi.
Maar wat 'n blye weersiens na amper 2 jaar - hou ek my ouers weer in my arms vas! Dit was 'n heerlike gevoel. (Jammer maar hier wil die video clip alweer nie oplaai nie)
Welkom hier by ons julle en ons hoop julle geniet julle kuier hier by ons Down Under!!!
No comments:
Post a Comment