Ons het vir Ruan ook 'n snorkel bril gekry - want kyk hierdie mannetjie is mos oor swem en water, nes 'n vis in die water!
Ons is toe sommer af hier na die naaste strand, Shelly Beach. Hier is darem ook soort van 'n rock-pool waar 'n mens bietjie kan snorkel sonder dat die golwe 'n mens te veel pla.
Noodeloos om te sê, ek het nie gesnorkel nie want sonder 'n duikpak, waag ek dit nie in die koue water nie!
Bianca is maar ma-se-kind en bly ook maar weg van die koue water af. Ons het vir haar 'n oulike sand waentjie gekry waarmee sy alte lekker rond geloop het op die strand.
Etienne help Ruan om sy duikbril reg te stel |
Nadat Etienne vir Ruan bietjie gehelp het met snorkel het die mannetjie eers bietjie kom son vang om weer warm te word. Etienne het toe heerlik rond gedobber in die water en mooi interessante see lewe en visse gesien.
Na so rukkie van speel in die son, het Ruan dit weer in die water gewaag maar nie vir lank nie. Ek glo almal onthou van kindwees af, hoe jy speel en speel in die water, totdat jou lippe potblou is en jy bibber maar speel wil jy speel...nou ja, so was dit ook vir Ruan. Dit raak darem nou net bietjie te koud vir swem sonder 'n duikpak!
Bibber van die koue! |
Na die bietjie snorkel en speel op die strand, het ons die kite uitgehaal en so bietjie ons self vermaak met die kite.
No comments:
Post a Comment