Life is either a daring adventure or nothing.

Saturday, June 30, 2012

Them wave, them wave, them tidal wave!!!

Nou ja, sal nie sê dit was tidal waves nie maar goeie genugtig vir groentjies van Middelburg wat nou langs die see woon was hierdie ongewone groot branders ...amper iets soos tidal waves!  Gewoonlik wissels brander hoogtes hier rondom 1m tot en met 2.5meter maar met hierdie ongewone branders het hulle gemeet tot en met 6meter hoë branders!


Lighthouse Beach


Jong, was hierdie hele Port Macquarie nuuskierig oor hierdie branders.  Al was dit koud en nat en baie windering, het daar baie mense hierdie weer trotseer om hierdie branders te gaan besigtig...so ook die 4Oliviere!







Die kamera het nou eintlik nie kon weergee wat ons gesien het nie maar al wat ek kan sê is SJOE!!!  'n Mens het sommer hier van die bult af 'n prentjie in jou gedagtes kon vorm hoe die skepe in die oop see moet voel met 'n storm op see!  Een plek waar ek nie graag sal wil wees nie hoor.

Lighthouse


1 comment:

  1. Hou van daai kiekie van Ettie met die lighthouse in die agtergrond - is pretty! Go mr model, heehee! Nella xx

    ReplyDelete