Life is either a daring adventure or nothing.

Monday, July 30, 2012

Ruan - Mountain Biker - in training!


Ruan het nou die hele week wat verby is gevra, hy wil ook soos Daddy in die veld en oor die hobbels ry!  Ons het hom toe weer hier na die park toe geneem - daar is 'n Mountain Bike Trail.  Hy was eers maar bietjie skrikkerig vir die op en afdraendes.  Ons het toe maar eers so bietjie in die parkeer area rondgery.  




Bianca propeer ook die mountain bike ding....








Nie lank nie of die mannetjie het met die opdraende opgery - of eerder halfpad op gestoot en toe met die graswal afgery!  So al in die rondte...en toe hy eers aan die gang is, kon ons hom nie stop nie, en toe is dit sommer al hoe vinniger ook!







Ruan en Etienne geniet die fietsry saam-saam










Saturday, July 21, 2012

Ruan oefen vir die Tour de France!!


Ons het Ruan nou Sondag (15 Julie 2012) wat verby is geneem om met sy fiets te probeer ry sonder sy kant sy-wiele (of training wheels).  Jong, het hierdie mannetjie ons verbaas!  Sommer so binne die eerste 5 minute het Ruan dit bemeester!  Etienne het om die eerste rondte gehelp en bietjie touwys gemaak.  Toe het Etienne net agter Ruan gebly vir 'n helpende hand, sou Ruan dit benodig, maar gou het hy vir Etienne gewys hy het dit nie nodig nie!  






Hoe meer Ruan gery het, hoe meer het sy vertroue gestyg en hoe vinniger het hy gery...so dat Etienne maar naderhand nie eers meer agterna gedraf het nie!  Maar dan weer, ons kon sommer sien dit is nie eers nodig nie want die mannetjie het sommer gou gou hierdie twee wiel fietsry baas geraak!


Etienne het toe maar agterna gedraf - lekker oefening ingekry!  Bianca het ook ingespring met die ondersteunings groepie wat agterna draf!

Kyk ou Poppelops se gesiggie in die agtergrond!  Te pragtig.

  









Gou 'n ruskansie vat!



Bianca het net so lekker op haar scooter rondgery!











Ai jinne, nog 'n mylpaal in ons kind se lewe bereik!



Ruan, the ball player!

Het ons dalk 'n "basketball player" op hande?  Hier is Ruan se weergawe van basketball speel!


Friday, July 20, 2012

Ruan Little Ninja grading


Ruan het sy karate grading gehad en het van wit belt na die volgende - geel met wit streep gegradeer!  Ons is baie trots op hom.  Hy geniet sy karate baie en wil net weet wanneer kan hy dan nou die volgende belt kry!














Skatepark!

Ons het vir Ruan 'n nuwe scooter gekoop - 'n bietjie groter ene as wat hy gehad het - sy ou ene was nog met twee wiele voor en een wiel agter - die nuwe ene is een met net een wiel voor en agter.

Jong, die mannetjie maak ons mal - wil net elke dag skatepark toe gaan!!  Etienne neem die kinders toe bietjie skatepark toe terwyl ek so bietjie rustig by die huis bly!

Port Macquarie se skatepark is baie gewild en gewoonlik baie besig, so jy moet maar sorg dat jy vroeg daar is.  Die skatepark is baie lekker geleë - langs die wandelpad by Town beach.












Ruan het dit baie geniet en gou gou meer selfvertroue gekry met sy nuwe scooter.




Pops het ook nie op haar laat wag nie!






North Brother Lookout


Ons het vir 'n heerlike uitstappie na North Brother gegaan.  North Brother is 'n "look-out" wat uitkyk oor Laurieton area - so om en by 20km vanaf Port Macquarie.


Dit was 'n heerlike sonskyn dag maar toe ons bo op North Brother kom, toe is daar darem 'n byt in die lug hoor!  En wat 'n heerlike verassing om 'n "Hot Chocolate" karavaan daar te kry.  Sommer net so 'n karavaan wat koffie en koek en ligte etes verkoop.  Noodeloos om te sê - met die koue windjie wat gewaai het, het ons sommer gou gou vir ons gaan hot chocolate koop.









Die Magpie het sy lippe afgelek vir ons hot chocolate - dis nou as hy lippe gehad het om af te lek!



En nog 'n bederfie by die mooi sonskyndag - 'n wilde Koala!  Die meneertjie het heerlik in die mik van 'n boom gelê en slaap.  Etienne het toe ook darem sy eerste wilde Koala kon sien!




Ruan en Bianca beloer die Koala


Na so rukkie het die hongerte begin knaag en het Meneer Koala gou so bietjie weggelê aan die versnaperinge!







Die uitsig van daar bo af is asemrowend!  Regtig mooi en ons was gelukkig om 'n mooi sonskyndag sonder wolke te kry.




  
  
Ons het so bietjie die area verken met 'n wandeling.  Soos die kinders gesê het...."We're in the jungle, baby!"