Ons het vir 'n heerlike uitstappie na North Brother gegaan. North Brother is 'n "look-out" wat uitkyk oor Laurieton area - so om en by 20km vanaf Port Macquarie.
Dit was 'n heerlike sonskyn dag maar toe ons bo op North Brother kom, toe is daar darem 'n byt in die lug hoor! En wat 'n heerlike verassing om 'n "Hot Chocolate" karavaan daar te kry. Sommer net so 'n karavaan wat koffie en koek en ligte etes verkoop. Noodeloos om te sê - met die koue windjie wat gewaai het, het ons sommer gou gou vir ons gaan hot chocolate koop.
Die Magpie het sy lippe afgelek vir ons hot chocolate - dis nou as hy lippe gehad het om af te lek!
En nog 'n bederfie by die mooi sonskyndag - 'n wilde Koala! Die meneertjie het heerlik in die mik van 'n boom gelê en slaap. Etienne het toe ook darem sy eerste wilde Koala kon sien!
Ruan en Bianca beloer die Koala |
Na so rukkie het die hongerte begin knaag en het Meneer Koala gou so bietjie weggelê aan die versnaperinge!
Die uitsig van daar bo af is asemrowend! Regtig mooi en ons was gelukkig om 'n mooi sonskyndag sonder wolke te kry.
Ons het so bietjie die area verken met 'n wandeling. Soos die kinders gesê het...."We're in the jungle, baby!"
No comments:
Post a Comment