Ons het Ruan nou Sondag (15 Julie 2012) wat verby is geneem om met sy fiets te probeer ry sonder sy kant sy-wiele (of training wheels). Jong, het hierdie mannetjie ons verbaas! Sommer so binne die eerste 5 minute het Ruan dit bemeester! Etienne het om die eerste rondte gehelp en bietjie touwys gemaak. Toe het Etienne net agter Ruan gebly vir 'n helpende hand, sou Ruan dit benodig, maar gou het hy vir Etienne gewys hy het dit nie nodig nie!
Hoe meer Ruan gery het, hoe meer het sy vertroue gestyg en hoe vinniger het hy gery...so dat Etienne maar naderhand nie eers meer agterna gedraf het nie! Maar dan weer, ons kon sommer sien dit is nie eers nodig nie want die mannetjie het sommer gou gou hierdie twee wiel fietsry baas geraak!
Etienne het toe maar agterna gedraf - lekker oefening ingekry! Bianca het ook ingespring met die ondersteunings groepie wat agterna draf!
Kyk ou Poppelops se gesiggie in die agtergrond! Te pragtig. |
Gou 'n ruskansie vat!
Bianca het net so lekker op haar scooter rondgery!
Ai jinne, nog 'n mylpaal in ons kind se lewe bereik!
Trots op jou Ruan! En trots op sy sussa wat so mooi ondersteun het! nella xx
ReplyDelete