Life is either a daring adventure or nothing.

Tuesday, July 3, 2012

Skud jou biscuit!!

Ruan het na sy eerste skool-sokkie (disco) gegaan!  Die skool het die Vrydagaand 'n disco vir die kinders gehou en die Kindergarten kinders het eerste kans gehad vir lekker jol en dans voor die res van die skool opgedaag het vir hulle beurt - alhoewel daar klaar 'n paar groter kinders was wat kon help ogie gooi oor die kleiner kinders.

Jong, was hierdie kinders vir jou opgewonde!  Dae voor die tyd is daar oor en weer gevra of jy gaan kom disco of nie!



Ruan het te sexy gelyk...die ou hartebreker!  En hy het te heerlik saam met sy maats gedans.  Jong die "moves" wat die jong klomp darem uitgehaal het...!!!  Het my laat wonder of ek ook so gelyk het op my skool-sokkies!


Hulle het tot die Macarena gedoen.  Daar was "glow-in-the-dark" armbande te koop en die snoepie was ook oop vir verversings! 






'n Heerlike Rock and Roll aand vir die kinders.

1 comment:

  1. Wens ek kon 'n vlieg teen daai muur wees!! Pops se gesiggie is te oulik, "but what about me??" Lief jul! Nella xxx

    ReplyDelete