Saterdag, 26 Februarie was Hugo se verjaardag partytjie. Hugo is een van die maatjies by die playgroup. Ruan en Bianca was ook genooi na sy verjaardag partytjie toe. Die partytjie is gehou by Noah's Ark Indoor Playcentre.
Die kinders het vreeslik lekker gespeel en baljaar. Dit is regtig 'n oulike plek - en bonus is dat die kinders bietjie van oortollige energie kan uitspeel! Hier is net so 'n paar fotos om te wys hoe Noah's Ark lyk...
Tuesday, March 1, 2011
Wednesday, February 23, 2011
Rebels in the making....ai ai
En daar besluit die kinders hulle is bietjie lus vir graffiti!! So ewe met houtskool. (Gelukkig kon dit maklik skoongemaak word.)
Toe ons weer om die hoek kom, toe is die "evidence" al klaar daar... op die grond en teen die muur! Sjoe, maar het die plathand toe maar lekker gepraat want wat verkeerd is - is verkeerd! Maar 'n mens moet seker vir hulle punte gee vir hulle vindingrykheid!

Potjiekos...lekker lekker Potjiekos...
Hhmmm...lekker potjiekos. Ons het ons pot hier Down Under ingewy en Etienne het vir ons 'n lekker pot gemaak. Soos ons in goeie afrikaans sal sê...lip aflek lekker!!
Hier is 'n paar fotos om diegene wat nou nie saam kon eet nie so 'n bietjie jaloers te maak...
Hier is 'n paar fotos om diegene wat nou nie saam kon eet nie so 'n bietjie jaloers te maak...
Playhouse
Ons het vir die kinders 'n pophuis gekoop - op special!!! Ja, dit was so 'n goeie special dat ons nie kon verbyloop nie...en die kinders is maar net te bly! Was hulle nou opgewonde...Ruan het selfs vir Etienne gehelp aanmekaar sit!
Hulle speel te lekker...elke oggend (vroeg) word speelgoed al huis toe gedra en in die aande word die speelgoed weer mooi netjies terug gedra!
En natuurlik kon Ma nie die mooi butterfly wind-chime weerstaan nie....!!!
Friday, February 18, 2011
Waterpret!
Na die afgelope paar dae se bietjie koeler weer, het ek vanoggend die swembad vir die eerste keer hier in Oz opgeblaas...ek kon dit ook nie vinnig genoeg gedoen het na die kinders se sin nie hoor! Een, twee, drie toe is hulle in....ten spyte dat die water nog besig was om in te tap!!
Hulle het lekker gespeel en is toe sommer bederf met 'n lekker roomys daarna!
Hulle het lekker gespeel en is toe sommer bederf met 'n lekker roomys daarna!
Belated Birthday present!!
Toe ons trek goed uitgepak is - of eerder toe die meeste van ons trek goed uitgepak is - het daar nog persente ook uitgekruip!!! Ja, Ouma Marina & Oupa Dawid het Bianca se verjaardag boks saam met die trek gestuur. En natuurlik het Ruan ook 'n boks gekry.
Sjoe, was die kinders nou opgewonde - so 'n geskenk waar dit nie eers Kersfees of verjaardag is nie - is mos nou nie te versmaai nie!!!
Bianca was erg in haar noppies oor haar pop pram en eetstoeltjie - sy het sommer rondgetrippel! (En hier wil ek sommer by noem - met ons gewoonlike aandwandelinge wil Bianca mos nie juis saam loop of op haar fietsie ry nie, dan moet ek haar omtrent heelpad dra....nie daardie aand nie jong...toe word die pop in die pram saamgestoot...heelpad!!!)
Ruan het 'n lego-stel van brandweerlorrie, helikopter ens gekry....Pappa moes natuurlik eers bou, en toe speel meneertjie dat die biesies bewe!
Dankie Ouma & Oupa vir ons lekker persente!!
Playgroup
Ons het ingeskakel by 'n playgroup hier - die kinders geniet dit baie. En ek moet sê, ek geniet dit ook. Die ander mammas is baie vriendelik. En net die eerste keer wat ons gegaan het, het ek bietjie na 'n "outsider" gevoel. Maar ek reken dit was baie normaal - want ek was die vreemdeling! Ek het my nie laat ondersit daardeur nie en sommer van die staan spoor af, uit my eie uit, gaan geselsies aanknoop - en ek moet sê dit het gewerk! Vandag is daar nie meer daardie vreemdheid nie en skakel ons lekker in!
Dit is 'n hele organisasie hier in NSW - Playgroup NSW (http://www.playgroupaustralia.com.au/nsw/) - wat heelwat vir die verskeie playgroups in NSW doen. Daar is 'n playgroup week wat in Maart is en dan allerhande lekker dinge wat nog op die kalender is - ek weet iewers in Maart kom die brandweer ons playgroup besoek. Dit gaan darem lekker wees - ek weet van een mannetjie wat darem bitter opgewonde gaan wees daaroor!!
Hier is maar net so 'n paar fototjies van die kinders besig met speel tydens playgroup.

Bianca geniet 'n peuselhappie so tussen al die speel!
Bianca met van die "role-play" klere aan - natuurlik het sy eerste vir die handsak gegaan!!
Sunday, February 13, 2011
Ruan se eerste swemles
Ruan het vir sy eerste swemles gegaan - en dit het baie goed gegaan!!! Hy het dit vreeslik geniet en sy "instructor" was baie tevrede en selfs vir my kom sê sy reken Ruan sal dinge gou baas raak!
Bianca het so saam-saam by die les ingesit en luister - maar wou nie juis in die water in nie. Eers later, na die swemles, toe ons bietjie in die vlakwater gaan baljaar, het sy eers lekker lyf nat gemaak!

Wednesday, February 9, 2011
Inwyding...South African style!!!
Die Saterdag was dit al van vroegdag af 'n gewoel en werfskaf. 'n Prioriteit natuurlik was die braaier - sodat ons darem die aand 'n braai kan hou! Sjoe was dit nou lekker jong!
Hierdie foto het ek net geneem om te wys hoe die blits hier lyk - dit lyk so smooth, was-agtig en dan kom dit in die vorm van ysblokkies, kompleet so in 'n "yshouer".
Men 'n glasie wyn, 'n hoender flattie op die kole en 'n mens kan amper sê die Kaap is Holland - net ons is nie in die Kaap nie!!!
Ruan het toe ook sy lyf kom fotograaf hou en 'n mooi foto van my en Etienne geneem...dankie Ruan!
Subscribe to:
Posts (Atom)