Life is either a daring adventure or nothing.

Wednesday, July 13, 2011

ATTACK!!!!!

Daar was baie lekker sneeu weer voorspel - inteendeel - daar het die vorige week heelwat sneeu op die berge geval.  Die berge (Snowy Mountains) is sowat 3ure se ry van Wagga af.  Ons het beplan om Sondag bietjie deur te ry en in die sneeu te gaan speel.  Die kinders, veral Ruan was nou erg opgewonde want ons sou 'n sneeuman bou.  Hy vertel net heeltyd hoe hy die "carrot" as sy neus gaan gebruik.

Nou ja, toe is daar 'n "severe weather warning" uit vir die Sondag waar die SES (Emergency Services) waarsku dat 'n mens maar liefs die paaie moet vermy - erg winde ens.  Ons het toe maar gereken instede van 3ure ry en dan in 'n storm vas sit om maar eerder by die huis te bly.

Ons het toe gaan gewere (guns) koop - daardie wat met die sagte spons koeëls werk en dan "war games" te speel.  Almal gestewel en spoor soos die ou Afrikaners sou sê en die aksie begin! 



Die kinders - oud en jonk - het dit baie geniet.  'n Mens kon nou sien wie is die regte "laaities" - en ek praat nie hier van Ruan wat die enigste seuntjie was nie!!!









Etienne wat arme Bianca as skerm gebruik....(bang-gat !!!)


Dit was groot pret, ten spyte van die koue en die honderd tal pyltjies/koeëls wat ons na die tyd moes optel!



Wednesday, July 6, 2011

Mr. Mountain Biker

Ons het die naweek gestap met die kids op hul fietse en Benji na ons local grocer toe.  Terwyl ek gou ingehardloop het om 'n paar goedjies te koop, het Etienne die kids en die hond by die parkie besig gehou.






Daarna het ons by die BMX track (af in ons straat) bietjie gaan fiets ry. 


Sjoe, Ruan het dit nou omtrent geniet!  Tipies seun hoor - klein waaghals!  Hierdie arme ma se hart en maar gebons jong!  Laat hom nie twee keer nooi om by die afdraende af te ry nie!  En as hy onder kom, hoor jy hom skree....."Heeha"!!!!!

 




Etienne is so in sy noppies dat sy laaitie - soos dit lyk - sy mountain biking belangstelling deel!  Bianca het dit maar bietjie rustig gevat en eerder met Benji rond geloop!

Sunday, July 3, 2011

Lekker speeltyd!

Ek het die kinders parkie toe geneem vir lekker speeltyd en vars lug, wat hulle baie geniet het! 










Terug by die huis het ons bietjie met Benji buite op die gras gespeel.  Ruan en Benji is omtrent soos vinkel en koljander en speel baie lekker saam!







Saturday, July 2, 2011

Spieëltjie, spieëltjie, aan die wand....

Ek het die oulikste "vanity set" gekry vir Bianca.  Kyk, sy is so 'n girly-girl en hou van alles wat mooi is en mooi maak!  Toe ek die vanity set sien, kon ek dit net nie weerstaan om dit vir Bianca te kry nie!  Ai, sy is mal daaroor!!  Geniet dit vreeslik om haar hare te kam en haarself mooi te maak.



Nog so 1 of 2 van die kinders....

O ja, ons het 'n braai ook ingeruim!  Die Saterdag het Etienne gewerk en oppad terug huis toe, reken hy, hy is lus vir braai!  Nou ja, vleis gaan koop en vuur opgesteek! 

Ai maar so 'n tjoppie op die kole bly maar koningskos!

Die kinders het lekker gespeel die middag en ek het so een of twee "snappies" van hulle geneem...