Life is either a daring adventure or nothing.

Wednesday, July 6, 2011

Mr. Mountain Biker

Ons het die naweek gestap met die kids op hul fietse en Benji na ons local grocer toe.  Terwyl ek gou ingehardloop het om 'n paar goedjies te koop, het Etienne die kids en die hond by die parkie besig gehou.






Daarna het ons by die BMX track (af in ons straat) bietjie gaan fiets ry. 


Sjoe, Ruan het dit nou omtrent geniet!  Tipies seun hoor - klein waaghals!  Hierdie arme ma se hart en maar gebons jong!  Laat hom nie twee keer nooi om by die afdraende af te ry nie!  En as hy onder kom, hoor jy hom skree....."Heeha"!!!!!

 




Etienne is so in sy noppies dat sy laaitie - soos dit lyk - sy mountain biking belangstelling deel!  Bianca het dit maar bietjie rustig gevat en eerder met Benji rond geloop!

2 comments:

  1. pragtige (uitprint!) pics van jul mountain biker waaghalsie! Daai kom teen nella se yskas!!x x x

    ReplyDelete
  2. Dit lyk sommer lekker. Chloe het ook nou besluit fietsry is eintlik lekker. Sy het uiteindelik Saterdag besluit sy kan sonder haar 'safetylizers' (klein wielietjies) ry en nou is daar geen keer nie! Ons kry haar nou nie in die huis in nie... Elsabe xx

    ReplyDelete