Life is either a daring adventure or nothing.

Tuesday, March 15, 2011

Naweek kuier

Die naweek het die Davidsons weer bietjie kom kuier en ons het weer potjiekos gemaak.  Lekker Lekker!!  Etienne raak nou regtig goed met die pot jong en die naweek se pot was sommer lip-aflek-lekker!



Die kinders - as ek maar so kan sê - was "all over the place"!!!  Sjoe, maar sulke 4 woelwaters kan darem 'n orkaan op sy eie wees hoor.  Maar hulle het baie lekker gespeel...en lekker deurmekaar gemaak...en lekker vuil gemaak...



Myra & Amelie

Ruan & Amelie speel "train train"...

Dis reg Girls...sluit die man in die huis toe...hehehe

Bianca & Myra

Die 4 woelwaters

So 'n lekker kuier en ete is toe afgesluit met 'n AMARULA milkshake (ja...ons het Amarula hier in 'n drankwinkel gekry - bietjie duur, maar nou ja, ons moes dit toe koop....)

Little girls are...

What are little girls made of?
Sugar and spice
And all things nice
That's what little girls are made of.


Wil net graag hierdie fotos van my Poppelops deel....

Tuesday, March 8, 2011

Bonding time....


Pa en Seun het hulle fietse gevat en so bietjie gaan rondry....en so ook bietjie tyd saam spandeer.  Hulle het dit behoorlik geniet - al was Ruan so bietjie moeg na die lang rit....kyk, hy sal sy ma ore aansit as ek ook moes ry jong!!!  Trots op jou Ruan!





Ek en Bianca het ook gaan stap - ek het haar gestoot op haar fiets en sy het dit baie geniet.  Ons het nou wel nie so vêr gery soos die manne nie maar ons het ons stappie ook geniet, dankie!!!



How to earn your lodging...LOL

Kyk, 'n mens moet maar spanpogings aanwend om dinge in en rond die huis gedoen te kry - vele hande maak ligter werk!! 

Ek was nog besig met skottelgoed was toe word daar sommer hand bygesit maar kort voor lank moes ek maar die aftog blaas en spasie maak want die twee karnallies besluit toe mos dit is hope pret om skottelgoed te was...of was dit eerder om net met die water te kon speel sonder dat daar geraas word...???  Hhhhmmm....ek sien hulle werk met 'n plan hier.....


Tuesday, March 1, 2011

Hugo's Birthday Party

Saterdag, 26 Februarie was Hugo se verjaardag partytjie.  Hugo is een van die maatjies by die playgroup.  Ruan en Bianca was ook genooi na sy verjaardag partytjie toe.  Die partytjie is gehou by Noah's Ark Indoor Playcentre.

Die kinders het vreeslik lekker gespeel en baljaar.  Dit is regtig 'n oulike plek - en bonus is dat die kinders bietjie van oortollige energie kan uitspeel!  Hier is net so 'n paar fotos om te wys hoe Noah's Ark lyk...











Wednesday, February 23, 2011

Rebels in the making....ai ai

En daar besluit die kinders hulle is bietjie lus vir graffiti!!  So ewe met houtskool.  (Gelukkig kon dit maklik skoongemaak word.)

Toe ons weer om die hoek kom, toe is die "evidence" al klaar daar... op die grond en teen die muur!  Sjoe, maar het die plathand toe maar lekker gepraat want wat verkeerd is - is verkeerd!  Maar 'n mens moet seker vir hulle punte gee vir hulle vindingrykheid!


Potjiekos...lekker lekker Potjiekos...

Hhmmm...lekker potjiekos.  Ons het ons pot hier Down Under ingewy en Etienne het vir ons 'n lekker pot gemaak.  Soos ons in goeie afrikaans sal sê...lip aflek lekker!!  

Hier is 'n paar fotos om diegene wat nou nie saam kon eet nie so 'n bietjie jaloers te maak...





Playhouse

Ons het vir die kinders 'n pophuis gekoop - op special!!!  Ja, dit was so 'n goeie special dat ons nie kon verbyloop nie...en die kinders is maar net te bly!  Was hulle nou opgewonde...Ruan het selfs vir Etienne gehelp aanmekaar sit!

Hulle speel te lekker...elke oggend (vroeg) word speelgoed al huis toe gedra en in die aande word die speelgoed weer mooi netjies terug gedra!





En natuurlik kon Ma nie die mooi butterfly wind-chime weerstaan nie....!!!





Friday, February 18, 2011

Waterpret!

Na die afgelope paar dae se bietjie koeler weer, het ek vanoggend die swembad vir die eerste keer hier in Oz opgeblaas...ek kon dit ook nie vinnig genoeg gedoen het na die kinders se sin nie hoor!  Een, twee, drie toe is hulle in....ten spyte dat die water nog besig was om in te tap!!

Hulle het lekker gespeel en is toe sommer bederf met 'n lekker roomys daarna!