Life is either a daring adventure or nothing.

Tuesday, May 22, 2012

Ruan se verjaardag partytjie!

Saterdag 5 Mei het ons vir Ruan 'n verjaardag partytjie gehou.  Jong was die mannetjie darem opgewonde - het sommer weke voor die tyd al begin aftel!

Hy het hierdie verjaardag sy maatjies self gekies wie hy wil nooi na sy partytjie toe.  Dit is regtig 'n oulike klompie kinders bymekaar en ek glo hulle het 'n heerlike tyd gehad.

Vroeg dag het ons grootmense al ingespring en die plek opgedollie - volgens die tema Hot Wheels natuurlik!

En toe daag die maatjies op en vandaar is dit net 'n gespeel, gelag, geeët!

Die uitnodiging

Die goodie-boxes






Jellie cups


DIE KOEK!!!







Cameron

Bianca

Elizabeth

Ruan

Myra

Amelie

Die party entertainer!



Ethan - Ruan se beste maatjie







The "trio" -Ruan, Ethan & Elizabeth


Cameron & Ruan





Dave steek die kersies aan






'n Heerlike verjaardag partytjie vir een fantastiese spesiale mannetjie!  Ons is lief vir jou Ruan!

Ruan word 5!

Baie geluk onse Gogga-bom met jou
5de verjaardag!!


Die oggend van Ruan se verjaardag is ons almal sommer vroeg vroeg op en aan die gang.  Natuurlik sommer so saam met die eerste oggend koffie word daar toe persente oopgemaak.

Was die verjaardag mannetjie darem in sy skik met al sy persentjies en kaartjies (baie dankie aan almal wat aan Ruan gedink het met sy verjaardag).

Hierdie jaar was sy tema vir sy verjaardag Hot Wheels en kyk, dit was omtrent karretjies voor en karretjies agter!

Na al die opgewondenheid van geskenke oopmaak bietjie bedaar het, het Etienne gehelp om van dit aan mekaar te sit terwyl ek gou Ruan se skoolgoed reg gekry het en ook ontbyt gemaak het.














Hot Wheels Racing Ramp!



Ruan is skool toe, en ons het nie die gewone cupcakes saam gestuur nie.  Ons het cakepops gemaak wat ons in 'n rice crispie koekies gesit het.  Die kinders was mal daaroor!


Anel kuier!

Anel het weer bietjie kom kuier, alhoewel hierdie keer maar net vir 'n vinnige inloer.

Die eerste week van haar kuier was maar 'n besige een met die meeste van ons energie en tyd wat in Ruan se verjaardag beplanning ingegaan het.

Hier is so paar fotos van Anel se eerste week hier.

Bank wat op strand uitgespoel het!

Hier vis die Oliviere vir wit mossels

Lekker pedi...sommer verniet!







Op ons "local" - Flynn's Beach











Etienne maak vir ons 'n heerlike pot.






Etienne oefen sy ballon toertjies vir Ruan se verjaardag partytjie.