Life is either a daring adventure or nothing.

Monday, February 4, 2013

Coastal Walk - 05/01/2013

Ons het die Coastal Walk gaan doen - vanaf Shelley Beach tot en met Town Beach.  Dit is 'n pragtige roete - veral op 'n mooi dag.  Dit was baie warm, maar ten spyte daarvan, het ons dit geniet - het dit maar rustig geneem en rus rus gestap.



Die kinders natuurlik het dit vreeslik geniet en sommer so loop-loop deur die water baljaar.



















Na die coastal walk was ons almal lekker uitgeput en verder het ons dit rustig geneem by die huis. Later die middag het ons heerlik agter onder die koelte bome gaan sit en kuier terwyl Etienne vir ons potjiekos gemaak het!






Die kinders het my boks handskoene nader getrek en karnuffel bietjie vir Etienne!







Die pot word nou eers beloer......

Die eindresultaat van die pot....heerlik!!!

Monday, January 28, 2013

Lighthouse Beach 29/12/2012

Na ons heerlike uitstappie na die Coopernook area, het ons die middag gaan afsluit met 'n wandeling op die strand - by Lighthouse Beach.  Dit was 'n heerlike windstil middag en met het die naderende sonsondergang net die regte atmosfeer geskep!




My Ma geniet dit vreeslik om skulpe en klippies op te tel - my Pa moes geduldig die sak dra waarin haar "vangs" gegooi word!










Voetspore word agtergelaat....




O la la....












Dis hoe daar vir wit mossels gegrou word!

My Ma se permanente sandale!