Ons eerste Kersdag hier in Australië het ons saam met die Davidsons picnic gaan hou by die Botaniese Tuine (waar die lekker parkie vir die kinders is).
Die weer was heerlik, die picnic kos smaaklik en die geselskap - vir die grootmense en die kinders - baie lekker! Ons kan regtig sê ons eerste Kersdag, so in die "vreemde" was heel aangenaam en om dit te kon deel met vriende het dit alles sommer net lekkerder gemaak.
En Kersvader loop toe mos weer....
Thursday, December 30, 2010
Santa Clause is coming to town...
Vroegoggend toe die kinders wakker word ontdek hulle dat Santa gekom het terwyl hulle geslaap het! Persente tyd...!!!
Friday, December 24, 2010
Laatmiddag "stroll" in omgewing
Net 'n paar fotos van die kinders en hul nuwe fietsies! Ruan het 'n scooter - wat hy baie gou bemeester het - en Bianca se fietsie wonder 'n "scuttlebug" genoem. Ons het net 'n bietjie gaan rondloop in die omgewing. Hier kry 'n mens lekker sement walkways wat die mense lekker benut met wandelings of draf.
Happy Birthday Bianca!
Ons Poppelops is 2 jaar oud!!! Baie geluk Bianca met jou verjaardag. Al is jy vandag groot nooi van 2 jaar, jy sal altyd onse kleine pops bly.
Ons het vir Bianca 'n klein partytjie gegee en sy het dit geniet. Ballonne, sweeties, koek en persente saam met maatjies is nou net die regte manier om jou verjaardag te geniet!
Baking the Birthday Cake!!
Met elke verjaardag is dit vir my 'n tradisie om vir die kinders 'n lekker verjaardagkoek te bak ...(of om Anel te kry om die koek te bak!!). Hierdie jaar met Bianca se verjaardag was alles 'n bietjie "holderstebolder" (deurmekaar) met die dat ons nog nie in ons eie huis is of ons goed nog nie hier is nie... so ek het gereken om maar net 'n koek te koop. Maai ai ai...dit het darem nie reg gevoel nie, so op die ou einde het ek bestanddele en 'n koekpan gekoop en ons het gou vir die birthday girl 'n koek gebak!!
Natuurlik was dit 'n spanpoging...ek wat bak en die kinders wat skoon maak ...hmm, bedoel die bak uitlek!
Maar dit was 'n geslaagde poging en die koek was heel lekker!
Natuurlik was dit 'n spanpoging...ek wat bak en die kinders wat skoon maak ...hmm, bedoel die bak uitlek!
Maar dit was 'n geslaagde poging en die koek was heel lekker!
Monday, December 20, 2010
Geseënde Kersfees & Voorspoedige Nuwe Jaar
Vir almal wil ons 'n Geseënde Kersfees en 'n baie voorspoedige 2011 toewens. Mag hierdie feesseisoen vir almal vol liefde, vreugde en alle goeie seënwense wees.
Ons hoop dat 2011 'n besondere jaar vir almal sal wees.
Geniet elke oomblik hierdie feesseisoen.
Baie liefde & groete
xxxx
Ons hoop dat 2011 'n besondere jaar vir almal sal wees.
Geniet elke oomblik hierdie feesseisoen.
Baie liefde & groete
xxxx
Oasis Indoor Swim Park
Sjoe, voel of ek omtrent lanklaas laat weet het hoe ons hier in Wagga insettle!
Verlede week het ek die kinders na 'n indoor swim park geneem - die plek se naam is Oasis. Het hulle dit nou geniet hoor!!! Ek moes omtrent allerhande beloftes maak om hulle net daar weg te kry - want toe is dit al 16:30 in die middag en ek moes nog vir Etienne 'n hemp gaan koop en kom kos maak het!
Hier is so 'n paar fotos van toe ons daar gespeel het. Ek het 'n video ook geneem van hoe die plek van binnekant lyk maar ek sal dit later post (ek het so bietjie hulp van Etienne nodig om die clip te download!)

Monday, December 13, 2010
Ons local park
Subscribe to:
Posts (Atom)