Ja, ons almal ken daardie gesegde nê, maar in die geval is dit van....:
BELOFTES MAAK SKULD, so please hurry up before Christmas has come and gone....
(Ja, ek kan maar erken dat hierdie 'n sameswering is maar nou ja.....if you're dumb enough to get caught on camera, you have to pay the consequence!!)...LOL!
Thursday, July 21, 2011
Sunday, July 17, 2011
Let it snow, let it snow!!.....(Part 2)
By Mt Selwyn ski-fields het ons bietjie gaan rondspeel en toboggans gaan ry.
Maar toe Ruan en Etienne gou 'n draaitjie geloop het badkamers toe, het ek en Bianca sommer by die bultjie waar ons vir die manne gewag het stadig begin afgaan. Ai jai jai.....toe kry miesies mos 'n liking in die toboggan ryery!! Elke keer as ons onder kom is dit van....."Again"....."More"!!!!
Dit was vet pret!!!!
Bianca het geproe hoe proe sneeu en sy het dit nogals....hhmm....aangenaam gevind! Hier demonstreer sy vir my hoe sy die sneeu eet!
Dit was 'n heerlike dag en hopelik 'n dag wat ons vir altyd sal onthou....
Ruan was van staanspoor af - rough & ready!! Hy was mal daaroor, al het hy nou nie eintlik die metode daarvan so lekker gevang nie - op sy manier het hy baie goed oor die weg gekom - al was dit partymaal so bietjie gat-oor-kop of agterstevoor!
Bianca daarenteen was ook heel opgewonde - totdat sy saam met Etienne af is teen die steil bult. Soos Etienne moes stuur met sy voet om nie in die mense vas te ry nie, het daar bietjie ys opgespat in Bianca se gesig in - ai jong, toe is sy bietjie skrikkerig.
Maar toe Ruan en Etienne gou 'n draaitjie geloop het badkamers toe, het ek en Bianca sommer by die bultjie waar ons vir die manne gewag het stadig begin afgaan. Ai jai jai.....toe kry miesies mos 'n liking in die toboggan ryery!! Elke keer as ons onder kom is dit van....."Again"....."More"!!!!
Nadat ek en Bianca so bietjie gewoond geraak het aan die hele proses, het ons weer die steil bult saam met die manne aangedurf! Sjoe, toe is dit mos ewe skielik baie lekker! Die laaste keer wat ons daar af is, het ek so bietjie spoed gevang en toe natuurlik eie aan my aard, die roete met die meeste hobbels in die pad gekies. So "bokspring" is ek en Bianca oor die hobbels tot 'n swierige stilstand by Etienne hulle. Ek het amper gedink een van daai hobbels bokspring ons af van die toboggan af! Gelukkig het dit nie!
Bianca het geproe hoe proe sneeu en sy het dit nogals....hhmm....aangenaam gevind! Hier demonstreer sy vir my hoe sy die sneeu eet!
Dit was 'n heerlike dag en hopelik 'n dag wat ons vir altyd sal onthou....
Let it snow, let it snow!!.....(Part 1)
Hierdie naweek het ons uiteindelik by die sneeu uitgekom! Ons het Saterdagoggend vroeg in die pad geval aangesien die berge (nogals die Snowy Mountains!) sowat 2 en half ure se ry vanaf Wagga is.
Wat 'n opgewondenheid toe ons die eerste sneeu gewaar en toe ons om die volgende draai kom en die aarde spierwit voor ons lê, was daar geen keer aan die ekstase nie, en hier praat ek nou net van myself!! Sjoe, maar dit is ongelooflik mooi.....spierwit, oral waar jy kyk! Wie sou nou ooit kon dink dat ons sneeu in ons eerste winter hier in Australië sou beleef!
Ons het gespeel, gegly, sneeuman gebou en sneeugeveg gehou! Die kinders het hulle eerste sneeu ondervinding vreeslik geniet.
En hier het ons Mr. Snowey vaarwel toegewens en ons het die pad gevat na die plek waar ons bietjie gaan "gat skuur" - toboggans ry....

Ek het hierdie foto so in die ry geneem. |
Ons het beplan om by 'n resort bietjie te gaan rondgly op die "toboggans" - 'n tipe slee. Ons het toe eers langs die pad afgetrek vir lekker speel in die sneeu en om die kinders se eerste sneeuman te bou!
Dit was koud, maar dit het ons nie gekeer nie. Ons het nogals snaaks gelyk met die dat ons so opgepof was met die sneeuklere - maar dit het baie handig te pas gekom. Ek het reënbaadjies en skoene vir die kinders gekoop en verder het ons sommer ski-broeke gehuur, asook ski-boots vir my.
Ons het gespeel, gegly, sneeuman gebou en sneeugeveg gehou! Die kinders het hulle eerste sneeu ondervinding vreeslik geniet.
Mr. Snowey |
En hier het ons Mr. Snowey vaarwel toegewens en ons het die pad gevat na die plek waar ons bietjie gaan "gat skuur" - toboggans ry....
Wednesday, July 13, 2011
ATTACK!!!!!
Daar was baie lekker sneeu weer voorspel - inteendeel - daar het die vorige week heelwat sneeu op die berge geval. Die berge (Snowy Mountains) is sowat 3ure se ry van Wagga af. Ons het beplan om Sondag bietjie deur te ry en in die sneeu te gaan speel. Die kinders, veral Ruan was nou erg opgewonde want ons sou 'n sneeuman bou. Hy vertel net heeltyd hoe hy die "carrot" as sy neus gaan gebruik.
Nou ja, toe is daar 'n "severe weather warning" uit vir die Sondag waar die SES (Emergency Services) waarsku dat 'n mens maar liefs die paaie moet vermy - erg winde ens. Ons het toe maar gereken instede van 3ure ry en dan in 'n storm vas sit om maar eerder by die huis te bly.
Ons het toe gaan gewere (guns) koop - daardie wat met die sagte spons koeëls werk en dan "war games" te speel. Almal gestewel en spoor soos die ou Afrikaners sou sê en die aksie begin!
Dit was groot pret, ten spyte van die koue en die honderd tal pyltjies/koeëls wat ons na die tyd moes optel!

Die kinders - oud en jonk - het dit baie geniet. 'n Mens kon nou sien wie is die regte "laaities" - en ek praat nie hier van Ruan wat die enigste seuntjie was nie!!!
Etienne wat arme Bianca as skerm gebruik....(bang-gat !!!) |
Dit was groot pret, ten spyte van die koue en die honderd tal pyltjies/koeëls wat ons na die tyd moes optel!
Subscribe to:
Posts (Atom)