Life is either a daring adventure or nothing.

Sunday, July 17, 2011

Let it snow, let it snow!!.....(Part 2)

By Mt Selwyn ski-fields het ons bietjie gaan rondspeel en toboggans gaan ry.


Ruan was van staanspoor af - rough & ready!!  Hy was mal daaroor, al het hy nou nie eintlik die metode daarvan so lekker gevang nie - op sy manier het hy baie goed oor die weg gekom - al was dit partymaal so bietjie gat-oor-kop of agterstevoor!




Bianca daarenteen was ook heel opgewonde - totdat sy saam met Etienne af is teen die steil bult.  Soos Etienne moes stuur met sy voet om nie in die mense vas te ry nie, het daar bietjie ys opgespat in Bianca se gesig in - ai jong, toe is sy bietjie skrikkerig.








Maar toe Ruan en Etienne gou 'n draaitjie geloop het badkamers toe, het ek en Bianca sommer by die bultjie waar ons vir die manne gewag het stadig begin afgaan.  Ai jai jai.....toe kry miesies mos 'n liking in die toboggan ryery!!  Elke keer as ons onder kom is dit van....."Again"....."More"!!!!

 




Nadat ek en Bianca so bietjie gewoond geraak het aan die hele proses, het ons weer die steil bult saam met die manne aangedurf!  Sjoe, toe is dit mos ewe skielik baie lekker!  Die laaste keer wat ons daar af is, het ek so bietjie spoed gevang en toe natuurlik eie aan my aard, die roete met die meeste hobbels in die pad gekies.  So "bokspring" is ek en Bianca oor die hobbels tot 'n swierige stilstand by Etienne hulle.  Ek het amper gedink een van daai hobbels bokspring ons af van die toboggan af!  Gelukkig het dit nie!





Dit was vet pret!!!!




Bianca het geproe hoe proe sneeu en sy het dit nogals....hhmm....aangenaam gevind!  Hier demonstreer sy vir my hoe sy die sneeu eet!

Dit was 'n heerlike dag en hopelik 'n dag wat ons vir altyd sal onthou....

No comments:

Post a Comment