Sydney......State Capital of NSW Australia (http://en.wikipedia.org/wiki/Sydney)
Ons het 'n langnaweek in Junie gehad om die Queen se verjaardag (13 Junie) te vier. Ons het toe van die langnaweek gebruik gemaak en by Hein en Jolene hulle wat in Sydney bly te gaan kuier. Twee vlieë met een klap soos 'n mens sal sê. Ons eerste kuier by Hein-hulle en ook ons eerste kuier aan Sydney.
Hein werk saam met Etienne vir dieselfde company (besigheid) en so het ons bevriend geraak. Alhoewel hulle eintlik in Sydney bly is Hein vir die afgelope maande op die projek hier in Wagga.
Ons het die Saterdag deur gery Sydney toe - sowat 5-6 ure se ry van Wagga af. Ons het maar so stop-stop gery. Ons halfweg stop was in Goulburn (http://en.wikipedia.org/wiki/Goulburn,_New_South_Wales) waar 'n "merske - of kan ek maar sê moerse???" skaap die "landmerk" is.
Die kuier in Sydney was heerlik, in ag genome die aaklige weer - koud en nat - en dan ook dat Ruan en Etienne so siek was dat ons hulle eers dokter toe geneem het voor ons die pad terug Wagga toe geneem het die Dinsdag.
Goeie geselskap, goeie wyn - en goeie board games! Ons het Jenga gespeel en tot pictionary - die 2 manne was in 'n span en het ons gruwelik verneuk!
En die "kleurling" vermaak (na 'n paar glasies wyn)....
Hein |
Jolene-hulle het 'n 3 jarige dogter, Micah. Die kinders kom baie goed oor die weg, in ag genome dat Micah net engels praat.
Micah |
Hulle het 'n 3D tv en ons het vir die kinders Monsters vs Aliens opgesit (wat die grootmense toe maar sit en klaar kyk het)...maar dit was nogals snaaks om almal so te sien sit met die 3D brille op!
Die Sondag was so koud en nat dat ons besluit het om die sightseeing vir die volgende dag te los. Ons is toe na 'n groot onderdak vlooimark toe. Maar die hoogtepunt van die dag is dat Bianca uiteindelik die "prop/pyp/dummy" gelos het! Na vele gesukkel van ons kant af, vat dit toe vir Hein om vir haar te sê sy is nou 'n groot nooi en sy moet die dummy in die drom gaan gooi! Wat sy toe sonder enige teenkanting gedoen het! En vandaar het ons net vir haar bly sê as sy vra vir haar prop, dat sy nou 'n groot nooi is en dit self weggegooi het! En sy is dood tevrede dan. "High five"!!!!
Oi! Als goed en wel en funny met die kam so in die pruik in, maar jul weet dis hoe nella lyk as sy haar hare uitkam nê?, moenie met ons hair disatvantaged mensies spot nie! Heehee! :o) xxxxx
ReplyDeletePs: hoe is daai vir 'n merske sheepshagger landmerk??! ;o) No further evidence needed your honour...
ReplyDelete