Life is either a daring adventure or nothing.

Sunday, July 17, 2011

Let it snow, let it snow!!.....(Part 1)

Hierdie naweek het ons uiteindelik by die sneeu uitgekom!  Ons het Saterdagoggend vroeg in die pad geval aangesien die berge (nogals die Snowy Mountains!) sowat 2 en half ure se ry vanaf Wagga is.

Wat 'n opgewondenheid toe ons die eerste sneeu gewaar en toe ons om die volgende draai kom en die aarde spierwit voor ons lê, was daar geen keer aan die ekstase nie, en hier praat ek nou net van myself!!  Sjoe, maar dit is ongelooflik mooi.....spierwit, oral waar jy kyk!  Wie sou nou ooit kon dink dat ons sneeu in ons eerste winter hier in Australië sou beleef!

Ek het hierdie foto so in die ry geneem.



Ons het beplan om by 'n resort bietjie te gaan rondgly op die "toboggans" - 'n tipe slee.  Ons het toe eers langs die pad afgetrek vir lekker speel in die sneeu en om die kinders se eerste sneeuman te bou!

Dit was koud, maar dit het ons nie gekeer nie.  Ons het nogals snaaks gelyk met die dat ons so opgepof was met die sneeuklere - maar dit het baie handig te pas gekom.  Ek het reënbaadjies en skoene vir die kinders gekoop en verder het ons sommer ski-broeke gehuur, asook ski-boots vir my.







Ons het gespeel, gegly, sneeuman gebou en sneeugeveg gehou!  Die kinders het hulle eerste sneeu ondervinding vreeslik geniet. 














Mr. Snowey

En hier het ons Mr. Snowey vaarwel toegewens en ons het die pad gevat na die plek waar ons bietjie gaan "gat skuur" - toboggans ry....

No comments:

Post a Comment