So, hier is so 'n bietjie van dit en 'n bietjie van dat voordat ek oor ons uitstappie Sydney en The Rock toe gesels.....
Ons het vir Bianca 'n oulike "tea-set" gekoop want sy hou tog so van tea parties hou saam met haar poppe. Sy sit gewoonlik 'n pop op elke stoel en dan hou sy 'n "klets patytjie"....tog te oulik!
Etienne en Ruan het 'n hout vliegtuig van scratch af gebou en Ruan het dit geverf. Dit was nou regtig 'n oulike aktiwiteit vir Pa en Seun en hulle altwee het dit vreeslik geniet!
Van al die opgewondenheid en lekker speel het Bianca haar middagslapie geskip maar ai tog.... slaaptyd was nog so bietjie vêr en sy raak toe aan die slaap terwyl ons aandete eet! Sommer so op haar eie skouer ...seker beter as wat sy met haar gesig in haar bord kos sou val!!!
Moeder ma, maar bianca so slapende aan tafel is te cuuuute! Nella wil haar sommer opvreet!xxx
ReplyDelete