Life is either a daring adventure or nothing.

Wednesday, February 9, 2011

THE D DAY....(delivery day)!!!

Yay...uiteindelik breek die dag aan waarna ons so uitsien...die dag wanneer ons goed afgelewer word.  2 Maande vandat ons hier in Oz is en wag vir ons goed wat per skeep (container) kom.

Op die dag wat ons presies 'n maand lank in die huis is (4 Februarie) word ons goed afgelewer.  In die maand wat verby is en ons so te sê uitgekamp in die huis.  Ons en Ruan het op matrasse geslaap, met die minimum in die kombuis oor die weg gekom.  Ons het 'n yskas en mikrogolfoond gehuur.  Om ons bietjie te entertain het ons dan en wan 'n dvd op die laptop gekyk, dan sit ons soos sardientjies ingeryg om almal te kan sien en hoor op die laptop skerm!

Vroeg oggend het die twee japsnoete al voor die deur gaan wag, want kyk, elke dag moet ek hoor dat die "trokkie" vandag ons goed bring!!!  Eindelik kon ek sê ja, vandag is die dag!


Toe die mense kom om die goed af te lewer het Bianca geslaap maar wat 'n plesier om Ruan te kon aanskou toe daai trok hier voor die deur stop!  'n Mens sou regtig dink dit is Kersfees!  Hy was so opgewonde.

Een, twee, drie...toe staan die plek onder bokse.  Ruan moes natuurlik hand bysit - en dit net tot sy kar afgelaai is!!! 








Naderhand het Bianca ook ontweek en toe het die twee darem lekker in hulle speelgoed ingevaar - wat my natuurlik kans gegee het om te begin uitpak en orde skep!


Ook nie lank nie toe kom die twee karnallies inspekteur en natuurlik was die klomp papier net die regte speelplek vir hulle.




Tuesday, February 8, 2011

Road Trip - Tumbarumba

Met die Australia Day (26 Januarie) langnaweek het ons vir 'n dag deur gery na 'n buurdorp - Tumbarumba (http://en.wikipedia.org/wiki/Tumbarumba,_New_South_Wales).

Ons het vroeg in die pad geval en gemaak soos die boere van ouds...hoe ry die boere sit sit so....Hier gestop om te kyk en daar gestop om 'n koffie te drink...






Tumbarumba self is ook maar een van daardie plekkies wat jy moet mooi kyk voor jy hom mis!!  Jy weet, een van daardie dorpies met die een teerstraat en een stel verkeersligte!  Maar ten spyte daarvan, 'n baie mooi dorp! 

Ons het 'n bietje deur die dorp geloop en by hulle Information Centre (wat meer soos 'n klein museum is) gaan inloer.  Daarna het ons langs die stroom gaan piekniek hou waarna die kinders bietjie gaan litte los maak het in die parkie.













Oppad terug Wagga toe het ons by die Pioneer Womens Hut (http://www.pioneerwomenshut.com.au/) gestop.  Dit is 'n museum wat opgedra is aan die vroue van ou (rural) Australia - hoe hulle daardie tyd "die pot aan die kook" gehou het!





Dit was nogals vir ons snaaks om net so in te stap in 'n museum in - alles goed instand gehou en niks word deurmekaar gemaak nie - soos jy dit daar kry - so los jy dit.  Soos hier gepraat word van 'n "honesty box" - is daar 'n boks waarin jy geld kan gooi vir donasies ensovoorts.  Maar daar is niemand wat "wag" staan nie.










Tuesday, February 1, 2011

Kitskos, kits koekies...kits alles

Hhmmmm, hulle maak seker dat die koekie resep nie sal flop nie!  Al wat jy doen is om 'n stukkie af te sny - op die bakplaat te sit en in die oond....en siedaar...tuis gebakte koekies!

Lyk nogals na 'n rol polonie....




So maklik en in 'n japtrap - selfs Bianca het hand bygesit!

Biltong Biltong Biltong

Ja, hoe sê hulle...jy kan die bobbejaan uit die bos haal maar nie die bos uit die bobbejaan uit nie!!!  So is dit ook maar met ons en ons Suid-Afrikaanse tradisies en peuselhappies!  Ons maak sommer ons eie biltong hier down under....boer maak 'n plan, of hoe!?

Etienne het 'n paar stukke vleis gaan kry met speserye... en met die Biltong King se hulp... smul smul 'n paar dae later aan so 'n stukkie biltong.





Splish Splash...

Ons het weer bietjie gaan swem by Oasis - meer vir Ruan om sy nuwe swem goggles in te wy!!  Hy geniet die swem omtrent - en nou met sy swem goggles is hy behoorlik soos 'n eend in die water - kan net nie genoeg kry nie!!




Australia Day 2011

Ons eerste Australia Day!!!


26 Januarie is Australia Day (http://en.wikipedia.org/wiki/Australia_Day) - ons het die dag rustig begin aangesien dit 'n vakansiedag is.

Ons is toe bietjie in dorp toe om te gaan kyk hoe die Aussies hier in Wagga Australia Day vier.  Meeste plekke was toe (vakansie dag).  Daar was darem bietjie feesvieringe met springkastele vir die kinders en so meer.

Ons het die dag gevier met 'n soetding vir elkeen. 






Die kinders het elkeen ook 'n lekker "slush puppy" gekry in so 'n lekker "cocktail" glas.  Dit was baie warm en die kinders het die heerlike koue drankie geniet!