Life is either a daring adventure or nothing.

Wednesday, May 11, 2011

Ruan se 4de Verjaardagpartytjie

HAPPY BIRTHDAY RUAN!!!

Die Saterdag het ons 'n klein partytjie vir Ruan gegee - die tema was natuurlik Buzz Lightyear - deur Ruan self gekies!  Ek het my kreatiwiteit weer lekker ingespan met sy uitnodiging en "party packs".

Ons het vir Ruan 'n trampoline gekry vir sy verjaardag wat Etienne die oggend begin opslaan het met Ruan se hulp!  Ek en Anel was besig met balonne opblaas en ophang, die partytjie kos reg kry en die plek net so bietjie partytjie gereed te kry! 



Die partytjie was van 10uur af en nou ja, as ek dit mag sê - 'n regtige lekker partyjie.  Die kinders het gejol, gelag, gespeel en meeste van alles - lekkers en koek geeët!  Ja, lekker vol sweets gelaai en terug gestuur huis toe!!!

Ek het sommer 'n koek bestel by die bakkery in die dorp wat toe 'n koek was wat sommer heel week gehou het!  


Nella lyk of sy die koek wil "torture" met daai mes!
Birthday Boy geniet sy stukkie koek
En al die mammas en pappas het ook lekker saam gekuier.  Etienne het van sy biltong uitgesit vir die Aussies (Sarah & Justin en dan Melissa - ons bure) - wat dit verslind het.  Toe ek weer sien is die biltong bakkies leeg!  Ek en Anel het 'n Peppermint Crisp tert vir die grootmense gemaak en dit was smul lekker (Dave het later genoem dit was so lekker hy kon sommer die bak uitlek as dit natuurlik toelaatbaar was!!!)

Verder het ek 'n pinata gekry wat die kinders ook baie geniet het.






 Ruan het baie oulike persente gekry - wat hy natuurlik met baie vermaak oopgemaak het!  Hy het regtig sy partytjie geniet!

Ruan se eerste "Pre-school" Day!

Ruan was so opgewonde vir sy eerste skooldag!  Hy gaan na die Kapooka Pre-School (http://www.kapookaearlychildhoodcentre.com.au/) - dit is die weermag basis net buite Wagga se preschool.  Dit is nader aan ons as die middedorp en ek is mal oor die omgewing van die skool.  Dit is stil buite die dorp - geen verkeer nie.  En met die veld langs die skool kan jy tot kangaroos sien!  Nog 'n rede hoekom ons besluit het op die skool is omdat ons dadelik kon plek kry - by die ander is daar waglyste - en dan is hierdie een boonop goedkoper ook!




Ruan gaan net 2 dae 'n week skool toe - Woensdae en Vrydae.  Dan vertel hy net, net Ruan gaan skool toe - Mamma en Bianca moet bly en Daddy gaan werk. 

Dit gaan baie goed met hom daar - ek kry net gunstige terugvoering!  Die eerste dag was daar bietjie trane maar die juffrou het dit gou weg getoor en alles het verder baie goed gegaan.  Juffrou Annie vertel dat hy baie goed inskakel en ook goeie interaksie met die maatjies het.

Vandag (Woensdag 11 Mei) toe ek hom gaan aflaai kom 'n maatjie na hom toe gehardloop (nogals 'n meisie met die naam Izabella) - dit was so oulik!  Ons moet dan buite wag totdat die deur oopgemaak word - een van die ander juffrouens kom toe nader geloop en Ruan begin sommer op en af spring van opgewondenheid!  Hy het haar toe wraggies - sommer al van 'n afstand - herken.  Nog 'n teken dat hy sommer lekker inskakel.

Nou ja, hier is so paar fotos om sy eerste dag by sy nuwe skool te deel. 









Benji

En toe word die 4 Oliviere 5!! 

Ja, na vele wik en weeg en natuurlik aan die Oliviere se aard - heel "spur of the moment" het ons toe 'n puppy gekry!  Ek sê na vele wik en weeg want ons het 'n hele rukkie daaraan gedink en toe nie eintlik 'n besluit geneem nie maar dit wel op die agtergrond geskuif.  En dan sê ek "spur of the moment" - want die een oggend toe ons by die Marketplace instap is daar hokke met puppies en ander honde en katte daar.  Mense van SMART (http://snowymountainsanimalrescueteam.webs.com/)  - soort van 'n SPCA  - is toe daar om vondsinsameling te hou vir die organisasie.  Nou ja...soos 'n mens sal sê - toe is die koeel deur die kerk.  Net daar wil Etienne sommer gaan geld trek maar ek dog toe, nee kom ons gaan koop eers ons goedjies by die winkel en dink daaroor - wat natuurlik net skyn was!! 

So het ons toe vir Benji gekry.  Hy was een van 3 puppies wat vir aanneming op was.  Omdat hy nog te jonk was kon ons hom eers na Easter weekend kry.  Wat natuurlik baie goed by ons planne ingepas het - so na ons trippie Victoria toe het ons vir Benji in Batlow (so uur en half se ry van Wagga) gaan haal. 

Hy het van staanspoor af baie goed ingeskakel by die Oliviere en veral Ruan geniet hom baie.  Sommer die eerste aand wou Ruan weet of sy "doggie" dan nie saam met hom kan bad nie!!

So, hiermee stel ek bekend......(drum roll).....Benji.....



Tuesday, May 10, 2011

Terug na Wagga Wagga

Die Woensdag het ons weer die pad na Wagga toe gevat aangesien Etienne die Donderdag weer by die werk moes wees.

Ons het rustig terug gery en by Wagga aangekom het ons net eers afgepak en soos ek tevore gesê het, is die klomp kase toe mos uit gepluk en die Port oopgemaak en toe het ons lekker gecheese & wine!

Net bly ons gaan Wagga toe en nie Burrumbuttock toe nie (al is Wagga verder)!!!!






Nog 'n Olivier'tjie wat kaas verslind!


Twee karnallies baljaar in Nella se bed

Great Ocean Road & 12 Apostels

Die Dinsdag het ons die groot en lang pad weereens aangedurf - ons het een van die "Must see & do's" van Australia gedoen.  Ons het die Great Ocean Road (http://en.wikipedia.org/wiki/Great_Ocean_Road) gery - darem nou die volle 243km van die Ocean Road nie - darem net tot by die 12 Apostels.  Maar sjoe, dit het omtrent soos 243 km gevoel!




Ons het darem die pad stop stop gery en in Lorne het ons 'n heerlik ontbyt geniet en bietjie op die strand gaan loop - en ja, woerts, daar waai mister Ruan se klere en is hy in die see!!!  Maar dit was 'n heerlike stop - so bietjie "shopping" ook ingekry.  Ek het die lekkerste Chocolate Port daar gekoop en Etienne het vir hom 'n didgiridoo gekoop - wat hy natuurlik nog sal moet leer speel!!




By die 12 Apostels wonder jy ....het ek nou net daai elle lange pad gery vir dit???  Maar dit bly mooi en ons het mooi weer ook gekry, maar ja, vêr bly vêr - en soos Justin sal sê "for a few piles of dirt in the sea"...maar ten minste kan ons nou sê...been there, done that!  En natuurlik eie aan enige toeriste aantreklikheid moet daar mos 'n bus vol Japanese/Chinese stop!  Dit was so besig dat ons omtrent net gaan staan het vir een of twee "cheeses" en toe weer geloop.







Vandaar af is ons by 'n Kaas-plaas vir bietjie proe proe aan....kyk die Oliviere is darem mos verslaaf aan kaas.  En natuurlik het Etienne so paar stukkies gekoop om toe later lekker te gaan smul saam met so glasie Port.