Ons het darem die pad stop stop gery en in Lorne het ons 'n heerlik ontbyt geniet en bietjie op die strand gaan loop - en ja, woerts, daar waai mister Ruan se klere en is hy in die see!!! Maar dit was 'n heerlike stop - so bietjie "shopping" ook ingekry. Ek het die lekkerste Chocolate Port daar gekoop en Etienne het vir hom 'n didgiridoo gekoop - wat hy natuurlik nog sal moet leer speel!!
By die 12 Apostels wonder jy ....het ek nou net daai elle lange pad gery vir dit??? Maar dit bly mooi en ons het mooi weer ook gekry, maar ja, vêr bly vêr - en soos Justin sal sê "for a few piles of dirt in the sea"...maar ten minste kan ons nou sê...been there, done that! En natuurlik eie aan enige toeriste aantreklikheid moet daar mos 'n bus vol Japanese/Chinese stop! Dit was so besig dat ons omtrent net gaan staan het vir een of twee "cheeses" en toe weer geloop.
Vandaar af is ons by 'n Kaas-plaas vir bietjie proe proe aan....kyk die Oliviere is darem mos verslaaf aan kaas. En natuurlik het Etienne so paar stukkies gekoop om toe later lekker te gaan smul saam met so glasie Port.
No comments:
Post a Comment