Life is either a daring adventure or nothing.

Saturday, July 2, 2011

The Rock

Sondag, 26 Junie, het ons 'n baie mooi dag gehad - blou lug & sonskyn.  Na 'n naweek of twee wat dit nou regtig winter was van tipiese Wagga winters (of so word daar vir ons vertel) van koud en nat - het ons hierdie pragtige wintersdag gekry en besluit om dit te gebruik om bietjie te gaan wandel op 'n natuur reservaat wandelpad.

The Rock (http://en.wikipedia.org/wiki/The_Rock,_New_South_Walesis) 'n dorpie sowat 30km van Wagga af.  Ons het voorheen daar 'n draai gemaak en so 'n "mental note" gemaak om nog eendag daar by die reservaat te gaan stap.  Aangesien dit seker al is wat 'n mens op hierdie ou dorpie kan doen! 

Nou ja, soos Hansie Slim was ons ook, ......"berg wil klim, stok en hoed...."  padkos gepak, hoede op, stapskoene aan, kamera in die hand, en daar gaan ons.

Dit is regtig baie mooi daar en ons het regtig die wandeling geniet.  Ons kon nou wel nie tot bo (The Rock) stap nie want die kinders het begin moeg raak.  Arme ek moes maar vir Bianca meeste van die tyd ge-abba of dra het.












  


 

Hier sit ons toe nog so lekker om asem te skep, toe ek 'n beweging agter die "bobbejane" wat so lekker op die stomp sit en broei in die son, in die bos sien.  Ek vra toe, "wat is daai", arme Bianca het haar gat afgeskrik, opgespring en na my toe gehardloop - al die tyd net 'n paar wallabies!  Hulle was bietjie vinnig aan die weg spring om 'n mooi foto te kon kry.


  


 
Boys will be boys....
 
Na die heerlike uitstappie het ons toe kom pot maak...lekker potjiekos...



Sydney (Sightseeing)

Die Maandag het ons maar die nat weer trotseer en Sydney ingevaar.....eintlik maar net die Harbour bridge en Opera House gaan kyk!  Maar dan, dit is mos maar die top toeriste aantreklikhede in Sydney.  Ons het die kinders op hul eerste publieke transport geneem!  Ons het 'n bus na die ferry toe geneem, toe die ferry op die rivier af om 'n mooi uitsig van die brug en Opera house te kry, en toe die trein terug na waar ons die motors parkeer het!  Was dit nou goeie gebruik van publieke vervoer!!! 

Die kinders het nie die ferry so baie geniet soos ons gedink het hul sou nie, want dit was nat en koud buite die ferry.  Die trein was 'n groot hoogtepunt vir hulle.

Hier is ons in die bus oppad ferry toe.




By die ferry waar ons wag op op te klim.





Op die ferry, binne-in



Amper soos 'n Kaapse wind wat waai....






Sydney Opera House

Sydney Harbour Bridge







Circular Quay Train Station


Sit en wag vir ons trein

Sydney

Sydney......State Capital of NSW Australia (http://en.wikipedia.org/wiki/Sydney)

Ons het 'n langnaweek in Junie gehad om die Queen se verjaardag (13 Junie) te vier.  Ons het toe van die langnaweek gebruik gemaak en by Hein en Jolene hulle wat in Sydney bly te gaan kuier.  Twee vlieë met een klap soos 'n mens sal sê.  Ons eerste kuier by Hein-hulle en ook ons eerste kuier aan Sydney.

Hein werk saam met Etienne vir dieselfde company (besigheid) en so het ons bevriend geraak.  Alhoewel hulle eintlik in Sydney bly is Hein vir die afgelope maande op die projek hier in Wagga. 

Ons het die Saterdag deur gery Sydney toe - sowat 5-6 ure se ry van Wagga af.  Ons het maar so stop-stop gery.  Ons halfweg stop was in Goulburn (http://en.wikipedia.org/wiki/Goulburn,_New_South_Wales) waar 'n "merske - of kan ek maar sê moerse???" skaap die "landmerk" is.



Die kuier in Sydney was heerlik, in ag genome die aaklige weer - koud en nat - en dan ook dat Ruan en Etienne so siek was dat ons hulle eers dokter toe geneem het voor ons die pad terug Wagga toe geneem het die Dinsdag.

Goeie geselskap, goeie wyn - en goeie board games!  Ons het Jenga gespeel en tot pictionary - die 2 manne was in 'n span en het ons gruwelik verneuk!



En die "kleurling" vermaak (na 'n paar glasies wyn)....

Hein
  
Jolene



Jolene-hulle het 'n 3 jarige dogter, Micah.  Die kinders kom baie goed oor die weg, in ag genome dat Micah net engels praat.


Micah

Hulle het 'n 3D tv en ons het vir die kinders Monsters vs Aliens opgesit (wat die grootmense toe maar sit en klaar kyk het)...maar dit was nogals snaaks om almal so te sien sit met die 3D brille op!


Die Sondag was so koud en nat dat ons besluit het om die sightseeing vir die volgende dag te los.  Ons is toe na 'n groot onderdak vlooimark toe.  Maar die hoogtepunt van die dag is dat Bianca uiteindelik die "prop/pyp/dummy" gelos het!  Na vele gesukkel van ons kant af, vat dit toe vir Hein om vir haar te sê sy is nou 'n groot nooi en sy moet die dummy in die drom gaan gooi!  Wat sy toe sonder enige teenkanting gedoen het!  En vandaar het ons net vir haar bly sê as sy vra vir haar prop, dat sy nou 'n groot nooi is en dit self weggegooi het!  En sy is dood tevrede dan.  "High five"!!!!

'n Bietjie van dit en 'n bietjie van dat.....

Sjoe, 'n mens kan nie dink hoe afhanklik 'n mens kan voel van tegnologie nie!!!  So het ek ook uitgevind toe ek 'n rukkie sonder my rekenaar moes klaar kom.  Nou ja, gelukkig is ons (ek en rekenaar nou) herenig!  En daarom kan ek nou eindelaas die blog bietjie update!

So, hier is so 'n bietjie van dit en 'n bietjie van dat voordat ek oor ons uitstappie Sydney en The Rock toe gesels.....

Ons het vir Bianca 'n oulike "tea-set" gekoop want sy hou tog so van tea parties hou saam met haar poppe.  Sy sit gewoonlik 'n pop op elke stoel en dan hou sy 'n "klets patytjie"....tog te oulik!




Etienne en Ruan het 'n hout vliegtuig van scratch af gebou en Ruan het dit geverf.  Dit was nou regtig 'n oulike aktiwiteit vir Pa en Seun en hulle altwee het dit vreeslik geniet!




Van al die opgewondenheid en lekker speel het Bianca haar middagslapie geskip maar ai tog.... slaaptyd was nog so bietjie vêr en sy raak toe aan die slaap terwyl ons aandete eet!  Sommer so op haar eie skouer ...seker beter as wat sy met haar gesig in haar bord kos sou val!!!


Thursday, June 9, 2011

Bianca ballerina

Bianca ontpop in 'n ballerina!  Bianca het begin om Melody Bear te doen - dit is basies 'n dansklassie vir dogters 2-6 jaar - so saam met hul mammas.  Om te sê Bianca is in haar element wanneer sy dans, is om dit sag te stel!  Sy - absoluut - is mal daaroor!!!

Die eerste keer wat ons gegaan het, was sy maar skugter maar o nee, vanaf die tweede keer is sy so gelukkig en geniet dit vreeslik.  Sy hardloop sommer om eerste in die ry te staan as daar musiek instrumente en so aan, uitgedeel word!

Hier is 'n paar fotos om te wys hoe sy dit geniet - party is bietjie geblur want kyk, mamma moet haar storie ken met die kamera want madame staan nie een oomblik stil nie!!!

My ou Pops, my ou ballerina'tjie!

Hier doen ons strek oefeninge voor ons begin dans!


Tyd vir musiek instrumente!
 



Sing liedjies met aksies by!

Een van Bianca se gunstelinge - bubbles!!!